Geverifieerde Resensie
Wes-Kaap
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wes-Kaap bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 43854 resensies.
"Ek het op Vanrhynsdorp grootgeword, nou is dit heerlik om terug te gaan en daar te gaan kuier. Blommetyd is natuurlik iets baie besonders en steeds vir my 'n natuurwonder. Vir 'n rustige, plattelandse atmosfeer is dit ideaal. "
"Sal definitief meer in Melkbosstrand kuier na die eerste ervaring, mense is vriendelik, diens is goed, pragtige uitsig en vele meer!"
"Heatherlands is 'n pragtige statige woonbuurt met 'n uitsonderlike aangename stil atmosfeer."
"Rus en vrede en goed geleë met die mooiste natuurtonele. Beskut van groter dorpe, maar baie naby daaraan en aan ander kleiner Weskus-dorpies, vir lekker daguitstappies."
"One of my favourite places with the caves, Swartberg Pass and Meiringspoort a stones throw away. Shops and restaurant close by too."
"Rooibostee-winkel was veral ‘n goeie ervaring en leersaam, met uitstekende personeel! Superspar uitstekend vir inkopies. "
"Brackenfell itself is not a tourist destination, but it is very conveniently centrally located so places like Stellenbosch and Cape Town are within easy reach. "
"Stil plek en uit die stads gejaag. Net jammer om by die Kasteel en berg uit te kom, moet jy deur die verkeer gaan. Baie lekker gebly."
"Die Kaap was baie goed geadverteer in die boekie, maar daar is nog tekortkominge soos die walvis museum, die Pengiun-stasie en die flaminke, die houtbrug ens. "
"Die strand was baie skoon en die sand spierwit. Geen besoedeling nie. De Bakke-area wat naasliggend is, is net nie veilig as jy alleen is nie, en glad nie veilig na sonsondergang nie. "
"Goed geleë vir uitstappies na Stellenbosch, Franschhoek, Grabouw en natuurlik ook die Kaapse Skiereiland. Naby die lughawe."
"Moeite werd om te besoek en in direkte omgewing met res van dorpe rondom St. Helenabaai."
"Die wind kan baie sterk waai aan die Weskus en erg onplesierig wees, maar op die dae wat die wind nie waai nie, is dit heerlik by Dwarskersbos strand en Bokkomlaan."
"We walked the Robberg Peninsula. It's quite strenuous if you do the long walk, but well worth it for the views."
"We previously stayed at Bfw Karoo National Park, with totally different experience."