Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36382 reviews.
"Besig, maar wat vir my die meeste aandag getrek het, is die Afrikaanse mense rondom ons. Ons het tot so ver as Tsitsikamma gereis in die 6 dae van ons verblyf in Danabaai, Mosselbaai. Die mense is almal vriendelik en so bedagsaam."
"'n Pragtige deel van ons land wat min mense sien! My man het Desember vir die eerste keer die roete gesien en kon nie glo dis so mooi nie - veral die bergpasse. Indien jy deur Ashton/Robertson beweeg, stop by die ou Stasiemark in Ashton vir ete/inkopies. By Robertson is daar die laventelplaas of bootjie by Viljoensdrift. Montagu se ou Art Deco-hotel is ook pragtig om te besoek."
"Nie te naby of te ver van die Kaap vir 'n naweek nie. Mooi omgewing wat baie bied om te doen."
"Kyk maar altyd na die windvoorspellings om reg te wees daarvoor."
"St. Helenabaai is 'n klein dorpie, maar het 'n paar restaurante, 'n lekker Spar en 'n apteek. 'n Pragtige groot strand en dis rustig. Daar het baie ontwikkeling plaasgevind in die laaste paar jaar, maar dit behou steeds die klein kusdorpie-gevoel."
"Daar is soveel besienswaardighede in en om Kaapstad. Beslis 'n heerlike bestemming!"
"Witsand bly vir ons as 'n familie 'n tradisionele vakansieoord. Dit is elke keer lekker om af te sluit vanaf 'n besige tyd."
"Dis die perfekte plek om te bly om die groter Hessequa-gebied vanaf te verken."
"You cannot go wrong as you're next to the Atlantic Ocean, therefore you have nature at its best and lots of things to view and enjoy."
"Klein dorpie, maar het alles wat jy nodig het. Lekkerste restaurante en vriendelike Weskusmense. Sal beslis weer daar gaan kuier."