Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35608 reviews.
"Vandat ons self kinders was, is Struisbaai ons vakansie plek. Eers 'happy campers', maar deesdae verkies ons dit om 'n huisie te huur a.g.v die onvoorspelbare weer in Maart/April. Ek was vanjaar teleurgesteld met baie van die restaurante wat regtig te duur is met die kwaliteit van kos & diens wat hulle gee. Zuidste Kaap & Sea Shack kom egter hoogs aan te beveel. Jy het definitief nog nie roomys geëet as jy nie 'n Sea Shack roomys op die strand geniet het nie. Ons het die fietsryery vreeslik geniet en was dankbaar om te sien dat die munisipaliteit 'n 'walk way' gemaak het om die draai na L'Augulhas toe. Die strand is redelik veilig vir kinders & vakansies is daar gewoonlik lewensredders op sentrale punte. So, of jy hou van visvang (charters beskikbaar vir diepsee) en of jy net wil boeklees op die strand, op Struisbaai is daar iets vir almal om te doen sonder om pappa se sak te veel te ruk."
"Daar is 'n paar lekker gety-poele vir mense wat klein kindertjies het, lekker omgewing vir visvang en spearfishing (as die waters dit toelaat) en heerlike wandelpaaie naby Stilbaai se hawe en lieflike strande om te gaan stap. Gerieflike winkels lekker naby."
"Boplaas wynkelder is moet. Heerlike ete en musiek. Moskato wyn en whisky en brandewyn en port baie lekker."
"Houtbaai is 'n aangename gemeenskap en die hawe was een van die hoogtepunte. Dis voorwaar 'n pragtige deel van ons land wat jy moet besoek as jy Kaap toe reis."
"Klawer se dorp is nie 'n plek om oor opgewonde te raak, maar die One-Stop vulstasie, padstal en wynplaas bly 'n wenner en 'n goeie plek om te stop."
"Highly recommended for a couple who wish to take a break from the hustle and bustle of the city and need some quiet time by themselves."
"Wat 'n groot verrassing om die woongebied van die dorpie self te kon ontdek. Beslis 'n besoek werd."
"The area is peaceful and easy access able. Close to the N1, R300 and Cape Gate."
"Sou nie graag meer toeriste daar wil hê nie, want die ongerepte eenvoud van die plek is wat ons so aantreklik gevind het. "