Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 6819 reviews.
"Lambertsbaai is nie vir besige bytjies nie, dit is waarheen jy gaan om te gaan rus, dalk bietjie te lees. Muisbosskerm is 'n groot trekpleister en ons het heerlik geëet en gekuier saam met die vriendelike mense daar. "
"Die beste vakansieplek aan die Weskus! Vir my is hier baie kinderjare-herinneringe. Sal altyd weer besoek."
"Paternoster is my absolute gunsteling naweek blyplek. Soveel dinge om te sien en doen. 'n Naweek is meestal te kort vir my omdat ek nooit genoeg kan kry van die stilte en vrede en asemrowende see-uitsigte nie. "
"Kan nogal steurend wees as daar elke uur of so 'n man verbykom wat onwettige kreef en/of mossels probeer smous."
"Het min tyd gehad om in die dorp rond te loop. Dit is meer local mense wat ek kon sien. Mens voel nooit onveilig nie. Die see is baie mooi daar. Lekker stil en rustig. Ek is 'n fotograaf en het gewerk daar, oulike venues in die dorpie. Bosduifklub se kos is uit die boonste rakke. Ook baie gasvry mense daar. "
"Die dorpie het bietjie agteruit gegaan vandat ons laas daar was (veiligheid), maar die vermeerdering in wynplase en restaurante en selfs n boeremarkie was verbasend. "
"Quaintest little town, friendly locals, clean and peaceful. And lots to do if you're energetic, as we are. Walks are fabulous, along the beach or rocks. 2 nice tennis courts. Good restaurants and coffee shops. Its unspoiled, unlike Hermanus and Plett, etc. Easy drives to wine estates, Darling, Langebaan, West Coast Park, Buffelsfontein for game drives, San Reserve which is fascinating and also lovely views, Mykonos. Weekend just too short! And its an easy 1 hour drive from Cape Town, huge plus. You can tell I'm a great fan of marvellous Yzerfontein!"
"Maak seker jy koop genoeg en in 'n dorp buite Jacobsbaai. Veral as jy laat daar aankom."