Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6600 resensies.
"Alles hier was net positief. Sal weer daarheen gaan en sommer moeite doen om dit weer te doen."
"A small fishing village with not much to do, but perfect for exactly that reason when you want to just relax!"
"Die beste plek aan die Weskus, iets vir almal. Fantastiese restaurante, baie troeteldiervriendelik. Veilig en rustig met 'n baie skoon strand en vriendelike mense."
"Not a bad destination in general. Yes it is windy, but one can live with it. The water is cold, so if you want to swim in the sea, either be tough or get a wetsuit! Visiting areas up-coast was good and totally beautiful. "
"Lambertsbaai is 'n wonderlike bestemming om vakansie te hou, as jy soos ons hou van rus, vrede, saligheid, blou water en wit strande. Dit is 'n plekkie waar jou siel kan asem haal en jy weer tot jouself kan keer. Sal enige tyd Lambertsbaai aanbeveel as 'n vakansiebestemming."
"Paternoster is 'n ongelooflike vakansieplek. Dit is beeldskoon, troeteldiere kan vrylik hardloop op die strande, die vars seekos is ongelooflik en die plaaslike inwoners is baie vriendelik en gasvry! Let net wel dit is duurder as meeste kusvakansies, die restaurante is heelwat hoog geprys, my wenk sou wees om normale vis en chips te kry by die kafee by die hoofstrand of om self direk by die vissermanne te koop om dit bekostigbaar te hou. "
"A lot more quiet than expected. Not a bad spot at all it’s just not my type of place. I prefer a bit more action. "
"Dwarskersbos is idyllic - so peaceful and soothing to one's soul! I love the Greek style white houses, low walls, no need for excessive security, no through traffic and friendly residents. Definitely a favourite place in South Africa for me!"
"Paternoster is 'n moet ten minste 1 keer in jou lewe. Ek en my man was vir 14 nagte in Paternoster en dit was 'n wonderlike vakansie!"
"Klein dorpie met genoeg dienste soos vars vis, hout, ensovoorts sodat dit nie nodig is om na die groter aanliggende dorpe te ry nie. Fryers Cove, 'n restaurant en wynkelder is ook pragtig en stapafstand van hierdie akkommodasie. Strandfontein is baie naby vir ander behoeftes, of Lutzville of Vredendal vir groter aankope. "