Fonteinskloof Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Fonteinskloof is 'n pragtige plaas aan die voet van die Langeberge, slegs 10 km vanaf Swellendam op die R60 na Ashton. Manjifieke berge vorm 'n agtergrond vir die plaashuis en kothuise wat luuks opgeknap is om gerieflike verblyf te voorsien. Die kothuise bied uitstekende uitsigte oor die berg en die plattelandse landskap.

Daar is 4 nuut-opgeknapte kothuise wat geleë is in 'n rustige omgewing op 'n wildsbokplaas wat dien as 'n tuiste vir talle diere. Van die 4 kothuise is daar 3 met 2 slaapkamers en 1 met 1 slaapkamer. Elke kothuis beskik oor sy eie oopplan-kombuis en -leefarea. Die kothuise spog met uitstekende afrondings in porselein, keramiek of hout en die kombuise het graniet- of houtafwerkings. Alle kothuise het hul eie verandas met braaigeriewe. Die kothuise is selfsorg en volledig toegerus. Elke kothuis het 'n moderne badkamer met handdoeke en toiletware. Al die badkamers het baddens en storte behalwe een kothuis wat beskik oor 'n stort waarin jy kan sit.

Die plaas het 'n swembad en 'n speletjieskamer met 'n pooltafel en TV. Gaste kan hier ontspan na 'n lang dag van doendinge insluitend: voetslaan, fietsry of tennis. Daar is 'n tennisbaan op die plaas wat nou nie Wimbledon is nie, maar tog geskik is vir 'n middagspel. Jy mag dalk net wil ontspan op die stoep en die voëls dophou terwyl jy 'n verfrissende drankie geniet. Jy kan ook op 'n avontuurtog gaan na Swellendam, die derde oudste dorp in Suid-Afrika. Die bekoorlike dorpie met sy lieflike, ou geboue en vele koffiewinkels en restaurante is werklik iets om te beleef. Gaste kan braai in die aande teen 'n ekstra koste. Dit bied jou die geleentheid om rustig by die vuur te sit en die plaas-atmosfeer te geniet terwyl alles vir jou voorberei word.

Ons plaas spog met 10 verskillende wildsboksoorte insluitend: bontebok, eland, springbok, njala en daar is selfs 'n goue wildebees-bul wat te vinde is in ons dertigtal trop blouwildebeeste. Daar is ook sebras en 2 swart springbokke en 2 swartwitpense op die plaas te bespeur. Ingesluit by jou verblyf is daar 'n 90 minute wildrit waar jy die prag van die hele plaas kan beleef en al die wild en ander diere kan besigtig. Dit sluit in: skape, bokke en selfs miniatuur perdjies. Hierdie rit sal jou die geleentheid bied om jouself te oriënteer. Dit maak dit juis maklik om die plaas en omliggende landskap met 'n bergfiets te verken. Begeleide wandelinge kan gereël word.
Hierdie wonderlike plaas is perfek vir die wat bietjie hul batterye wil herlaai.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Fonteinskloof Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false