+22

1002 Portico

Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 3 Athens Road, Table View, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 480 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

1002 Portico is 'n pragtige selfsorgwoonstel in 'n veilige woonstelgebou met 'n asemrowende see-uitsig in die hartjie van Table View. Hierdie woonstel is ideaal vir 'n kuswegbreek in die Moederstad.

Dié woonstel bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Daar is ook 'n TV in die kamer. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n wasmasjien toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel geskik vir 4 gaste. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die skuifdeure lei na die balkon met sitplek en 'n uitsig oor die see. Die woonstel is stapafstand vanaf die see, winkels en restaurante.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Hilda B
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige plek met die mooiste uitsig. Ons het heerlik gebly. Dit is 'n mooi versorgde plek met 'n stunning uitsig.
Sep 2025
Annette V
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige woonstel met alles wat jy nodig het en die mooiste uitsig. Ons het lekker gebly in hierdie gerieflike woonstel met die mooiste uitsig. Wens o...
Sien meer
Aug 2025
Warren J
Saam met lewensmaat
5.0
Baie nice. Dit was heerlik om daar te bly. Alles is gerieflik en dit is naby winkels en restaurante. Baie veilig en stapafstand van die see.
Aug 2025
Carlan L
Saam met lewensmaat
5.0
Great location, great view. It was very nice, clean.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2025
Ankia B
Saam met vriende
5.0
We loved everything about this apartment. We had an incredible stay! The location is amazing, and the apartment was spotless with a com...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Nadia Geverifieer

Eiendomme 17

Resensies 107

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 3 Athens Road, Table View, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink 1002 Portico het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 480
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 480
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 480
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 3 Athens Road, Table View, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5e754f42e83f3497df05d380af0156c1afd48338c092338a6430076217e1c223992d67c4d198871906eb80c439183e2ba6aa?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 480 per nag (plek vir 2) 9 5 1 5 3 Athens Road Table View 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 11:00 -33.822828 18.478215

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang