11 Napier Road
6 gaste
3 slaapkamers
4 beds
3 badkamers
- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 11 Napier Road, St Francis Bay, 6312, Oos-Kaap Sien kaart
Beskrywing
11 Napier Road is in 'n lieflike doodloopstraat in St. Francisbaai versteek, net 300 m vanaf die hoofstrand en stapafstand vanaf winkels, restaurante, branderplankryplekke, gholfbane en ander aktiwiteite.
Die tradisionele, ruim grasdak-vakansiehuis bied slaapplek aan 4 volwassenes en 2 kinders. Die hoof- en tweede slaapkamer het elkeen 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Dit lei na die oopplan-leefarea waar daar 'n etenstafel, losstaande kaggel en 2 gemaklike stoele is. Die hoofsitarea het gemaklike rusbanke, 'n platskerm-TV en gratis WiFi. Die huis het 'n omsetter om basiese kragverbruik tydens kragonderbrekings te verseker.
Die stapeldeure lei na 'n groot dek met 'n swembad en 'n see-uitsig. Daar is ook 'n tuin met 'n vuurput en sonnige stoep waar gaste kan braai.
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Kay Geverifieer
Eiendomme 18
Resensies 111
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 11 Napier Road, St Francis Bay, 6312, Oos-Kaap
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
11 Napier Road, St Francis Bay, 6312, Oos-Kaap
Sien kaart- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang