Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

115 Camarque

Selfsorg
Spesiale Aanbod 15% af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Mei 2024 tot 31 Mei 2024.

  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: North Beach-pad 27, Unit 115, Camarque, Umdloti, 4350, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 250 R1 063 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

115 Camarque is 'n lieflike selfsorgwoonstel op Umdloti-strand. Hiér kan familie en vriende na 'n genotvolle dag op die strand kom ontspan.

Dié eiendom bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 2 smaakvol gemeubileerde slaapkamers, 'n badkamer, oopplan-kombuis en 'n sitarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n stapelbed en die tweede slaapkamer met 'n dubbelbed. Die badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n TV met die volle DStv-pakket. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die skuifdeur van die sitarea lei na 'n klein grasperk met sitplek. Hiér kan gaste die see-uitsig met die geluid van die branders in die verte geniet.

Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel. Parkeerplek vir bykomende gaste is in die besoekersparkeerarea wat langs die sekuriteitshek geleë is, beskikbaar.

Gaste het toegang tot die kompleks se gemeenskaplike geriewe wat 'n omheinde swembad en kinderswembad, braaigeriewe, 'n tuin, asook piekniekareas met sitplek vir buitelug-eetplekke insluit.

Slaapplek

’n Bespreking by 115 Camarque sluit in:

Koninggrootte-bed Stapelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 4 mense
1 xKoninggrootte-bed
1 xStapelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 1 resensie vir 115 Camarque
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
3.0/5
Veiligheid
3.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4/5

Alandra Geverifieer

Eiendomme 17

Resensies 13

Jaar gelys 7

Ligging

  • North Beach-pad 27, Unit 115, Camarque, Umdloti, 4350, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 250
R1 250 R1 063
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 250
R1 250 R1 063
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: North Beach-pad 27, Unit 115, Camarque, Umdloti, 4350, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd5ad03b0f234491450cea237e4d5f9580c643b626f8717b3177820cbece9c41ee79b093fa49473963ed6e2319770a67b7aa9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 250 nouVanaf R1 063 per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 27 North Beach Road Unit 115, Camarque 4350 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.665907583851 31.12118274418
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem