LekkeSlaap
Maak jou ervaring
lekke met ons app
KRY APP
+26

8 gaste

3 slaapkamers

5 beddens

3 badkamers

  • Slaapplek vir 8 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 33 Ocean Drive, Skiathos 13, Shaka's Rock, 4301, KwaZulu-Natal Sien kaart

Beskrywing

13 Skiathos is 'n gerieflike selfsorgwoonstel vir 8 gaste op die seefront van Shaka's Rock en bied pragtige see-uitsigte.

Dié luukse woonstel op die derde verdieping het 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, 'n eetarea en 2 sitareas. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n bad en 'n toilet.

Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Gaste in dié kamer deel die tweede badkamer wat 'n bad en 'n stort het.

Daar is 'n ekstra koningingrootte-bed in die tweede sitarea.

Die woonstel het lugversorging en ekstra plafonwaaiers in die kamers, en beddegoed word voorsien, maar gaste moet asb. hulle eie bad- en swemhanddoeke, vadoeke vir die kombuis en toiletbenodigdhede saambring.

Die oopplan-kombuis het 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, eetgerei en breekware vir 12 gaste, asook tee- en koffiemaakgeriewe en etes kan by die eetkamertafel met sitplek vir 6 of die toonbank geniet word. Daar is ook 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër.

Daar is gratis WiFi en die sitarea het 'n TV met alle DStv-kanale. Die leefarea lei na 'n balkon met 'n tafel met sitplek vir 8 gaste, gasbraaigeriewe, 'n sonbed, 4 gemakstoele en 'n uitsig oor die see en die Indiese Oseaan.

Gaste het toegang tot die gemeenskaplike swembad, 'n piekniekarea en 1 onderdakparkeerplek vir 1 voertuig, daar is ook 'n ekstra gasteparkeerplek beskikbaar binne die kompleks. Die woonstel word daagliks skoongemaak, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae.

Die kompleks bied direkte toegang tot die strand en daar is 'n sekuriteitswag aan diens tussen 18:00 en 06:00

Die eenheid word nie deur beurtkrag geraak nie.

Ballito het uitmuntende strande en warm water vir lyfplankry, branderplankry, swem, duik, visvang en meer. Besienswaardighede in die omgewing sluit in die King Shaka Heritage Route, Ballito Lifestyle Centre en verskeie ander restaurante en winkelsentrums.


Kamer-opset

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Bad, Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Bad, Stort, Toilet

Badkamer

Bad, Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Kedilatile M
Gesin met klein kinders
5.0
Super awesome. The place was amazing, we enjoyed the sea view and swimming on the beach.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2026
Mauritz D
Gesin met klein kinders
5.0
Uitstekend en kalm. Ons het baie lekker gebly. Sal beslis weer daar bly. Die uitsig van die see is amazing en baie kort afstand na die strand toe.
Apr 2026
Elizabeth S
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker gebly! Pragtige plek, sal beslis weer gaan.
Jun 2025
Ruqayya F
Gesin met klein kinders
4.8
Spectacular! Spacious, clean, perfect location and amazing sea views. Will be back soon. Thank you, we really enjoyed our stay. You hav...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2024
Chris B
Saam met vriende
4.8
Heerlik gebly. Die weer was 'n bietjie sleg.
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Christa Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 13

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • 33 Ocean Drive, Skiathos 13, Shaka's Rock, 4301, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 13 Skiathos het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R2 400
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R2 400
per nag (plek vir 8)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R2 400
per nag (plek vir 8)
Bespreek

33 Ocean Drive, Skiathos 13, Shaka's Rock, 4301, KwaZulu-Natal

Sien kaart
  • Slaapplek vir 8 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA327920769f8a98fd45cdd8922488ec20f3b75c50778f45aa9ce8ff577e3f313385de0bef888004b621d65d641fdefa0eead5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 400 per nag (plek vir 8) 13 5 1 5 33 Ocean Drive Skiathos 13 4301 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -29.511789866554 31.231700778008

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang