LekkeSlaap
Maak jou ervaring
lekke met ons app
KRY APP
+137
Gastehuis in Brooklyn

137 @ Murray Guest House   Prime picks icon.

Prime picks icon.
  • Slaapplek vir 115 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 137 Murray Street, Brooklyn, Pretoria, 0181, Gauteng Sien kaart
  • TGCSA-gradering:

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.

Beskrywing

Welkom by 137 @ Murray Guest House. Hierdie onderneming is in die hartjie van die luukse woonbuurt Brooklyn in Pretoria geleë. Ons hoogstaande gastehuis met sy houtvloere, snoesige kaggels, hoë patroonplafon en antieke afwerking weerspieël 'n atmosfeer van ouwêreldse bekoring.

137 @ Murray Guest House bestaan uit 4 huise met 27 stylvolle kamers, 2 rustige privaat tuine en 2 swembaddens. Ons het 'n verskeie akkommodasie-opsies: van baie privaat "executive"-suites, weggesteek in welige tuine, tot volledig toegeruste selfsorg-eenhede. Elke kamer is individueel versier om die argitektuur van daardie era te bewaar sonder om luuksheid in te boet. Ons het enkel-, dubbel- en gesinskamers en elke kamer is toegerus met 'n dakwaaier, yskas, koffie- en teemaakgeriewe, TV met DStv en 'n kluis.

'n Welige tuin omring die swembad en skep 'n perfekte atmosfeer vir besoekers wat buite wil ontspan en ontbyt of tee wil geniet. Die intieme luuksheid, gehalte en elegansie van ons gastehuis noop gaste om keer op keer terug te keer. Ons het ook goed toegeruste konferensiegeriewe en 'n puik restaurant wat professionele spyseniering doen. 137 @ Murray Guest House is ideaal vir akademici, konferensiegangers, sakelui, sportentoesiaste en toeriste aangesien dit naby aan winkelsentrums, die sentrale sake-distrik, die Universiteit van Pretoria, sportstadions en besienswaardighede, soos die Uniegeboue en die dieretuin geleë is.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 67 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Anneke V
Saam met lewensmaat
5.0
Vriendelikste verblyf in Pretoria. Pragtige akkommodasie. Baie vriendelike personeel en goeie diens. Ontbyt was heerlik en weereens was die personeel ...
Sien meer
Sep 2026
Edna K
Saam met lewensmaat
5.0
Skoon, veilige, gemaklike verblyf. Baie behulpsame personeel. Skoon, veilige, gemaklike verblyf.
Aug 2026
Edna K
5.0
Netjiese goed versorgde, skoon verblyf, in baie sentrale deel van Pretoria. Skoon, veilig, netjies, baie vriendelike personeel.
Apr 2026
Elzaan P
Gesin met tieners
5.0
Ongelooflik mooi, lekker en veilig. Ons het elke oomblik geniet by 137@Murray, van die ontbyt tot die heerlike, ruim eenheid en vriendelike diens. Ons...
Sien meer
Mrt 2026
Lindi/Derick P
5.0
Elke keer gerieflike, aangename verblyf. Aangenaam en goeie diens soos gewoonlik.
Mrt 2026

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Nanette Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 99

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • 137 Murray Street, Brooklyn, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Gaste dink 137 @ Murray Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R1 750
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R1 750
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R1 750
per nag, vir 2 mense
Bespreek

137 Murray Street, Brooklyn, Pretoria, 0181, Gauteng

Sien kaart
  • Slaapplek vir 115 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • TGCSA-gradering:

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcc20bd3d6c8d41327af333b48c1e6eb4dfd43f2cc93e8f289ea8eba63d37603fe4d006dec18a97cc7bc88a0ee1fa75a6475d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 750 per nag, vir 2 mense 67 5 1 5 137 Murray Street Brooklyn 0181 Gauteng 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -25.762883680325 28.236500918665

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang