16 Aloe Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

16 Aloe Cottage bied selfsorgverblyf in die welige voorstad Bergvliet in Kaapstad. Die instansie is ideaal geleë, net 'n entjie se ry vanaf besienswaardighede in die Constantiavallei en Suidelike Voorstede.

Verblyf word in 2 ruim eenhede gebied. Elke eenheid het 'n privaat ingang en 'n oopplan-leefarea met 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Gaste kan ook die goed toegeruste kombuisie gebruik.

Elke eenheid beskik verder oor 'n TV met sekere DStv-kanale en gratis WiFi. Gaste het toegang tot braaigeriewe op die perseel en 'n wasgoeddiens kan teen ekstra koste gereël word.

Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. 16 Aloe Cottage is naby 'n winkelsentrum, en 10 tot 15 minute se ry vanaf wynproelokale en wynlandgoedere op die Constantia-wynroete.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 16 Aloe Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za