Graaff-Reinet Akkommodasie by 166 Cradock Street - De Kothuize | LekkeSlaap
+7
+7

166 Cradock Street - De Kothuize

2 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R2 280 per nag (vir 6 persone)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cradockstraat 166, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

166 Cradock Street is 'n groot, mooi ingerigte en klassieke Karoo-huis wat ook 'n nasionale monument is. Die huis is in Graaff-Reinet se geskiedkundige Cradockstraat geleë. Die is 'n gerieflike basis vanwaar jy die dorp kan besoek en is ook binne loopafstand van verskeie museums en restaurante.

Die huis het 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, 'n gekombineerde kombuis en ontbytkamer, 'n aparte leefkamer en 'n ruim eetkamer. Die huis het skaars en interessante antieke Kaap-Hollandse eienskappe, soos ingeboude kaste met geelhout- en stinkhoutdeure, en geelhoutkamerdeure, bamboesplafon en antieke ligte. Daar is ook klassieke antieke meubels en prente.

Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer, wat gepas is vir kinders, het 2 enkelbeddens. Die 2 kamers deel 'n tweede badkamer met stort.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en die eetarea het 'n eetkamertafel en stoele vir 8. Buite is daar 'n skaduryke patio met laserstraal-sekuriteit, onder die eeuoue prieel, met 'n eetkamertafel, stoele en braaigeriewe. Daar is 'n groot ommuurde tuin met uitsigte oor die berge wat Graaff-Reinet omring. Veilige parkeerplek van die straat af vir 2 voertuie en 'n motorhuis word voorsien.

Slaapplek

’n Bespreking by 166 Cradock Street - De Kothuize sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 5 persone
3 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed

Kenmerke

Veilige Parkering

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 2 resensies vir 166 Cradock Street - De Kothuize
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Cradockstraat 166, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Gaste dink 166 Cradock Street - De Kothuize het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 280
per nag (vir 6 persone)
Vanaf R2 280
per nag (vir 6 persone)
Vanaf R2 280
per nag (vir 6 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cradockstraat 166, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDg3MmVhZWUxLTJjMjMtNDVmMi1hOTU0LWQ2ZWRjYzY1ZDQyMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 280  per nag (vir 6 persone) 2 5 1 5 166 Cradock Street Graaff-Reinet 6280 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -32.257488 24.533432
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za