Porcupine Walk Moi Signature Luxury Home
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Farm 534 Mabula, Zebula 168, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Vanaf R7 590 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Porcupine Walk Moi Signature Luxury Home is 'n selfsorgvakansiehuis op die Zebula Gholflandgoed en Spa. Zebula bied 5-ster-gholflandgoed, natuurreservaat en gesondheidspa op 1600 ha-bosveld in die Waterberge se skadu.
Dié dubbelverdiepinghuis het slaapplek vir 8 en beskik oor 4 en suite-slaapkamers, 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -leefarea, 'n onderdakkuierarea, vuurput en swembad met 'n net.
Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, en die tweede, derde en vierde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens. Elke kamer het 'n en suite-badkamer en lugversorging. Die sitkamer op die boonste verdieping het 'n platskerm-TV met DStv.
Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, wasmasjien, tuimeldroër, mikrogolf, potte en panne. Die leefarea het 'n etenstafel vir 8 en die ander sitkamer het 'n groot kaggel en ingeboude kroeg.
Die leefarea lei na 'n onderdakpatio met stoepmeubels. Die patio lei na 'n tuin en swembad. Daar is ook 'n boma met sitplek en 'n vuurput. Onderdakparkeerplek is beskikbaar. 'n Skoonmaakdiens is ingesluit, behalwe op openbare vakansiedae.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.1/5
Hanchen Geverifieer
Eiendomme 25
Resensies 25
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Farm 534 Mabula, Zebula 168, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Gaste dink Porcupine Walk Moi Signature Luxury Home het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Farm 534 Mabula, Zebula 168, Bela-Bela, 0480, Limpopo