Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

19 Long Island

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 19 Long Island, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R5 000 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

19 Long Island is 'n selfsorg-huis in Long Island, 'n luukse en veilige plek teen die kanale in St. Francisbaai in die Oos-Kaap. Dit is perfek vir 'n vriendegroep of familie wat op soek is na 'n moderne wegbreek in 'n rustige area, naby aan die afgeleë strand. Gratis vesel-internet is ook beskikbaar.

Die huis het 5 slaapkamers met en suite-badkamers. 4 van die kamers is op die boonste verdieping. Drie van die kamers het koninggrootte-beddens en die ander 2 het 2 enkelbeddens wat omskep kan word in koninggrootte-beddens. Daar is 3 balkonne vanwaar gaste die beeldskone uitsig kan geniet. Die slaapkamer op die onderste verdieping spog met 'n privaat binnehof. Daar is TV's in die sitkamer, TV-kamer en al die slaapkamers wat aan 2 dekodeerders en 'n DVD-speler gekoppel is sodat jou geliefdes hulle gunsteling flieks kan geniet.

Die sitkamer en eetkamer het 'n oopplan-uitleg en die volledig toegeruste kombuis het 'n opwaskamer. Daar is gemaklike banke in die sitkamer en 'n aparte TV-kamer wat ook 'n mengeldrankiekroeg met yskassies het vir gaste se vermaak. Daar is 'n groot tafel in die eetkamer met sitplek vir 10 mense. Die eilandkroeg in die kombuis het 4 stoele en daar is geriewe soos 'n yskas, 'n gasstoof, -oond, mikrogolfoond, broodrooster en 'n ketel. Geriewe in die opwaskamer sluit 'n Scottsman-ysmaker, 'n wasmasjien, skottelgoedwasser en ander ekstras in.

Daar is 'n omsetter en battery-rugsteunkragstelsel wat die ligte, yskas, WiFi en TV's met DStv ondersteun.

19 Long Island het ook 'n sondek wat van die sitkamer af strek na 'n groot swembad (kan verhit word) en braaigeriewe. Daar is 2 tafels buite met 16 stoele en 3 sonstoele wat oor die kanaal uitkyk. Die dek het 'n buite-stort met warm en koue water en strek vir 30 meter al langs die kanaal af. Daar is 'n vasmeerplek by die pier en 'n versteekte strandjie waarop jy kan ontspan. Ons het ook parkering vir 'n paar motors en sleepwaens op die perseel met afstandbeheer waarmee gaste die perseel betree en verlaat.

Slaapplek

’n Bespreking by 19 Long Island sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 4 resensies vir 19 Long Island
Netheid
5.0/5
Diens
4.8/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.9/5

Colin Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 11

Jaar gelys 9

Ligging

  • 19 Long Island, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
  • Gaste dink 19 Long Island het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R5 000
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R5 000
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 19 Long Island, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcc0051a2425fd6e10b700c9d8ea7075498630ac342e86c31827065654cdfb7fddcb6c35f64dbc6c72f2d64221c7e4b0f89e7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 000 per nag (plek vir 10) 4 5 1 5 19 Long Island St Francis Bay 6312 Oos-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -34.144628705807 24.828851818947
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem