22 Geneva
12 gaste
6 slaapkamers
6 beds
6 badkamers
- 12 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - 22 Geneva Drive, Camps Bay, 8040, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
22 Geneva is 'n pragtige selfsorg-vakansievilla met 'n pragtige uitsig oor Kampsbaai en die see in die agtergrond. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n kuswegbreek saam met familie en vriende, aangesien dit met 'n randvloeiswembad van 17 m spog en stapafstand vanaf die strand is.
Dié villa bied slaapplek aan 12 gaste en beskik oor 6 slaapkamers en 6 en suite-badkamers. Daar is 2 slaapkamers wat elk 'n koninggrootte-bed het. Die ander 4 slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed. Elke en suite-badkamer het 'n bad en 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Die ruim leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n koffiemasjien toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek. Die eetarea het 'n knus sitarea met gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n platskerm-TV. Daar is ook 'n tweede TV-area. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n lieflike buite-onthaalarea met sonstoele, 'n buite-etenstafel, pizza-oond en 'n ingeboude braai. Hierdie villa spog ook met 'n Jacuzzi op die dak.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 22 Geneva Drive, Camps Bay, 8040, Wes-Kaap
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
22 Geneva Drive, Camps Bay, 8040, Wes-Kaap
Sien kaart- 12 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang