Bela-Bela Akkommodasie by 24 Bush House Mabalingwe | LekkeSlaap
+14

24 Bush House Mabalingwe

8 resensies
Selfsorg

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 8 resensies vir 24 Bush House Mabalingwe
Netheid
4.8/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.1/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.5/5
Sunet S - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sunet S
Saam met vriende

Heerlik, was my dogter se 21ste en die klomp het hul gate uit geniet en baie lekker uitgerus.

Ons het die eenheid gehuur vir my dogter as 'n 21ste geskenk. Sy en haar klomp studente vriende het dit verskriklik baie geniet. Die plek is baie goed ingerig vir 'n groep mense, daar is alles wat jy nodig het. Hulle het dit verskriklik geniet op die houtdek en swembad. Die wildrit was die toppunt en die kos by die restaurant heerlik. Die eienaar was baie vriendelik en behulpsaam met al die reëlings. Die klomp studente sê dit was die lekkerste idee ooit. Wat 'n heerlike wegbreek. Ons sal enige tyd weer gaan.

Jaco H - Okt 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jaco H
Gesin met tieners

Uitstekende verblyf.

Huis is baie netjies en goed toegerus. Ongelukkig geen warm water in die storte wat teleurstellend was.

Rowena J - Sep 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Rowena J

'n Pragtig boshuis, baie privaat in 'n rustige omgewing.

Ons het heerlik gebly. Die huis se dekor is stylvol met alles wat jy moontlik kan nodig kry. Die buitekant het 'n stoep, aparte braaiplek en 'n dek met 'n klein swembad. 'n Groot bonus is die huis se eie watergat waar verskillende diere kom water drink het. Ons sal die plek definitief aanbeveel.

Gwendoline V - Aug 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gwendoline V
Gesin met klein kinders

Baie mooi huis met alles wat mens nodig het.

Ons het baie lekker gekuier in die bos en het die mooiste wild gesien by die huis se watergat. Kinders het dit baie geniet. Die huis is vreeslik mooi en alles wat mens nodig het is daar. Ons sal definitief weer kom kuier.

Marlene B - Jul 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
2/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
2/5
Marlene B
Gesin met tieners

Beslis nie 4 ster-gradering standaard nie.

Met aankoms by hoofhek was daar baie onduidelikheid van waar 24 Bush House is. Eintlik geleë te Elandsrand Plot 24. Padaanwysings is baie swak, het baie gesukkel om plek te kry. Moes eienaar 'n paar maal skakel en roeteborde uiters onduidellik in die donker. Beddens was nie opgemaak gewees nie en geen toiletpapier. Handdoeke was ook soek. Huis versorger het wel verantwoordelikheid hiervoor geneem en die volgende oggend die saak mooi kom regstel. Warm water in net in 1 van 3 badkamers vir warmbadgeriewe beskikbaar. Swak inligting vir besigtiging van wild in die nag by watergat by die huis. Die lig by die gat kon ons nie aansit moes eers meer as 1 uur wag vir eienaar met instruksie hoe die lig aangeskakel word. Toe was die wild reeds weg. DStv het nie gewerk nie. Huis was wel goed toegerus met die nodige toebehore in die kombuis en warm komberse op die beddens.

24 Bush House Mabalingwe's terugvoer

Goeie more Marlene,

Jammer dat ek nou eers antwoord. Ek moet erken dat die aanwysings nie duidelik was nie en vra om verskoning daarvoor! Ons het dit reg gemaak vir toekomstige gaste sowel as om 'n WhatsApp pin te stuur. Ons skoonmaakdiens het ongelukkig nie die beddends op gemaak nie, maar hulle hul fout kom reg maak en 'n gratis skoon maak vir jul gedoen.

Groete,
24 Bush House Mabalingwe

24 Bush House Mabalingwe
Louis G - Jul 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Louis G
Saam met vriende

Dit was baie lekker gewees.

Sal die plek vir enige een aanbeveel as hulle rus en vrede wil hê met diere om jou. Plek baie netjies en skoon en baie goed toegerus. Genoeg slaapplek en gemaklik. Ons was 12 mense en sal enige tyd weer teruggaan vir nog 'n besoek. Lekker diere gekyk by die watergat.

24 Bush House Mabalingwe's terugvoer

Hallo Louis,
Ek is bly julle het dit geniet en dat die fasilitiet jul tevrede gestel het.

Jul is welkom om weer te besoek.

Groete,
Dries.

24 Bush House Mabalingwe
Carina P - Feb 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Carina P
Gesin met klein kinders

'n Heerlike wegbreek in die bos!

Ons het 'n heerlike naweek gehad by 24 Bush House! Die huis is uitstekend toegerus sodat jy met al die gemak van die huis vakansie kan hou. Die kamers is smaakvol gemeubileer en daar is genoeg plek dat niemand in mekaar se pad is nie. Ons het baie lekker gerus en die kinders was nooit verveeld nie.

24 Bush House Mabalingwe's terugvoer

Goeie Midag Carina

Baie dankie vir die goeie terugvoor. Julle is altyd welkom. Lekker week

Groete Olivier

24 Bush House Mabalingwe
Aldyn D - Des 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Aldyn D

Beautiful bush break away.

We had a beautiful and relaxing weekend away, we were 2 families with young children. The only thing I can really point out is to put up better signage on how to get to the house, number 24 isn't really visible as we had to follow the number 28 board to get to number 24. Also perhaps an instruction card on how the geyser showers work. The house was very clean and well equipped with everything you need. I will recommend 24 Bush House Mabalingwe to anyone looking for an amazing bush break away. We will definitely be back and perhaps stay an extra 1 or 2 days longer.

24 Bush House Mabalingwe's terugvoer

Dear Aldyn,

Thank you so much! More than welcome :) We have noted the suggestions and will ensure to follow up.
Thanks for staying with us. All the very best for 2018.

Warm Regards,
Yzelle

24 Bush House Mabalingwe
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mabalingwe Natuurreservaat, Plot 24 Elandsfontein, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGRlODgzODlmLTU1NjUtNGRjNy04N2FjLTQyODBmYTM4ZDAwNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 500  per nag (plek vir 6) 8 5 1 5 Mabalingwe Game Reserve Plot 24 Elandsfontein 0480 Limpopo 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -24.849577 28.042484
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za