Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

3 Magai Drive

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Magai-rylaan 3, Zinkwazi-strand, 4480, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 750 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

3 Magai Drive is 'n selfsorgvakansiehuis in die idilliese kusdorpie, Zinkwazi-strand, KwaZulu-Natal. Hierdie huis is ideaal vir gesinne wat op soek is na verblyf met direkte strandtoegang.

Dié dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 6 volwassenes en 4 kinders en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. 3 van die slaapkamers het dubbelbeddens en daar is 4 enkelbeddens geskik vir kinders in die vierde slaapkamer. Albei gedeelde badkamers het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Linne, badhanddoeke en strandhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is met 2 yskas-vrieskaste, 'n stoof, oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n wasmasjien en tuimeldroër toegerus. Die eerste sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Die groot oopplan-leefarea het 'n etenstafel, 'n pooltafel en lei na die tweede leefarea met oorgenoeg sitplek en groot glasdeure wat na die balkon oopmaak. Die een kant van die balkon het 'n etenstafel, 'n gasbraai en 'n ingeboude braai. Die ander kant van die balkon het 2 etenstafels en ongerepte see-uitsigte. Wi-Fi is beskikbaar.

Gaste het toegang tot 2 toesluitmotorhuise, addisionele parkeerplek op die perseel, 'n omsetter vir kragonderbrekings en 'n groot houtdek met trappe wat na die strand lei. Hierdie verblyf is naby plaaslike winkels en restaurante.

Slaapplek

’n Bespreking by 3 Magai Drive sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Kinderbed vir 1
Slaapkamer 4
Plek vir 4 mense
4 xKinderbed vir 1

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

3.8/5

Engela Geverifieer

Eiendomme 37

Resensies 4

Jaar gelys 8

Ligging

  • Magai-rylaan 3, Zinkwazi-strand, 4480, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 750
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R3 750
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Magai-rylaan 3, Zinkwazi-strand, 4480, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4f0b27b7318c304e4966f42268325bdc9ae3cb6e13fe08d624b81dc881f6a1f679aa8795b92c87404a5441ceded80892c363?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 750 per nag (plek vir 10) 3 Magai Drive Zinkwazi Beach 4480 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -29.290177585098 31.437195193918
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem