Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

3 On Bayview

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Deary-rylaan 3, Bayview-woonstel, Gonubie, 5256, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 650 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

3 On Bayview spog met ‘n prentjiemooi idilliese ligging op Gonubie se baai en bied gerieflike selfsorgverblyf aan 6 gaste net 50 m van die oseaan af. Die hoofstrand wat slegs 900 m en ‘n vinnige stap oor die Boardwalk is, kan vanaf die woonstel se balkon besigtig word.

Die woonstel het 'n 180°-uitsig oor die see en word via trappe bereik. Die woonstel is ontwerp om ruimte te skep en beskik oor 2 luukse slaapkamers met lugversorging, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis, -eetarea en ruim sitarea met gemaklike banke. Daar is 'n omsetter vir die TV en WiFi.

Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelslaapbank en bied toegang tot die balkon. Daar is ook 'n TV met Netflix. Die kamer het ook 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed. Die tweede badkamer het 'n stort en toilet. Linne, bad- en handdoeke word voorsien, asook grimeringverwyderingslappies. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is volledig toegerus met opwasgeriewe, eenplaatgasstoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, broodrooster, Nespresso-masjien, 'n ketel, lugbraaier, eetgerei en breekware en maaltye kan by die eetkamertafel geniet word. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. 'n Daaglikse skoonmaakdiens is op versoek teen ekstra koste beskikbaar. Die eienaars voorsien 'n gratis verwelkomingsmandjie wat koffie, tee, suiker, melk, 'n bottel water en beskuit insluit.

Gaste kan in die ruim sitarea voor die TV met volledige DStv en Netflix ontspan en daar is gratis WiFi. Die sitarea bied toegang tot 'n balkon met 'n etenstafel en braaigeriewe, asook 'n uitsig oor die see.

Die woonstel het 'n privaat ingang en daar is veilige parkeerplek in die motorhuis, asook parkeerplek vir 'n sleepwa agter hekke, op die perseel.

Daar is twee plaaslike restaurante binne loopafstand, en die Gonubie Hotel is slegs ‘n klipgooi van die woonstel. Aktiwiteite in die area sluit swem, stap, fietsry en visvang in. Die eenheid is minder as 15 min se ry van Oos Londen af, met al sy winkels binne jou bereik.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 3 mense
1 xKoningingrootte-bed
1 xEnkelslaapbank
Slaapkamer 2
Plek vir 4 mense
1 xKoningingrootte-bed
1 xStapelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 29 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Ingrid D
5.0
Great! Thank you. We will be back. Beautiful location and very comfortable accommodation.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2024
Debra M
Saam met vriende
5.0
Lovely place to stay, awesome view. Lovely place to stay, fully equipped with everything that you would need for your holiday. Great co...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2024
Dean N
Gesin met klein kinders
5.0
Enjoyed our stay. Enjoyed our stay. Amazing location and view. Wish we could have stayed longer. Nadia was very helpful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2024
Lindie V
Gesin met tieners
5.0
Uitstekende wegbreek van die stad. Die uitsig is baie mooi en dit is rustig. Loop afstand van die strand. Die inverter help baie met die erge beurtkra...
Sien meer
Nov 2023
Chanelle K
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlik gekuier. Skoon, netjies en veilig. Sal beslis aanbeveel.
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Nadia Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 42

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Deary-rylaan 3, Bayview-woonstel, Gonubie, 5256, Oos-Kaap
  • Gaste dink 3 On Bayview het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 650
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 650
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Deary-rylaan 3, Bayview-woonstel, Gonubie, 5256, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe7dd70db5ad72578c0bc25fcc8d2924a612505c998fbda3e069a21d5d672c80bfff37961bae7f2f1e927b8189f588588bc36?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 650 per nag (plek vir 6) 29 5 1 5 3 Deary Drive Bayview Apartment 5256 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -32.939529962947 28.032552390213

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang