LekkeSlaap
Maak jou ervaring
lekke met ons app
KRY APP
+14
Gastehuis in Pretoria-Oos

32 On Lynburn   Prime picks icon.

Prime picks icon.
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 8 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • 32 Lynburn Road, Lynnwood Manor, Pretoria, 0081, Gauteng Sien kaart

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.

Beskrywing

32 On Lynburn bied gerieflike oornagverblyf in 'n lieflike gastehuis in Lynnwood Manor, Pretoria-Oos en is ideaal vir sakereisigers of vakansiegangers wat op hul eie reis. Dit is naby winkelsentrums, hospitale en universiteite.

Verblyf word in die Flower-kamer, Cream-kamer en Gesinseenheid gebied. Die Flower-kamer en Cream-kamer het elkeen slaapplek vir 2 gaste op 'n dubbelbed.

Die Flower-kamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort, asook TV met Netflix. Dit sluit ook in koffiemaakgeriewe met beskuit, asook versnapperings.

Die Cream-kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, asook 'n TV met Netflix. Daar is 'n privaat balkon met 'n tafel en 2 stoele wat die perfekte plekkie bied om 'n koppie koffie te geniet. Koffiemaakgeriewe met beskuit en versnapperings is beskikbaar.

Die Gesinseenheid het 2 slaapkamers wat elk 'n dubbelbed het, 'n sitkamer, 'n TV-kamer met Netflix en 'n badkamer met 'n stort. Die eenheid bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders van 12 jaar en jonger. Tee- en koffiemaakgeriewe met beskuit asook versnapperings is beskikbaar.

Ander geriewe sluit gratis WiFi, linne en badhanddoeke en haardroërs in. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Besienswaardighede in die area sluit in die Botaniese Tuine, Atterbury Teater, Menlyn Main - Times Square, die Blou Hond Teater, WNNR , Universiteit van Pretoria, Loftus Versveld, die Gautrain en 'n winkelsentrum met mediese dienste.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Toeganklik vir kosaflewerings-apps
Openbare vervoer naby

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 81 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Petrus V
5.0
Heerlik. Ja, dit was soos om by jou eie huis te wees.
Aug 2026
Cornelia V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie dankie! Van die bespreking af was Chanel uiters vriendlik en hulpvaardig met inklok en ons gemaklik te laat voel. Die woonstel is mooi, gerieflik...
Sien meer
Jul 2026
Antoinette K
Saam met lewensmaat
5.0
Sal die plekkie toe oë aanbeveel! Ons is baie hartlik verwelkom deur Chanel. Heerlike huislike atmosfeer met absoluut alles wat mens nodig het en nog ...
Sien meer
Jul 2026
Marthinus R
Besigheidsreis
5.0
Mens voel werklik of Chanel regtig haar heel beste vir jou gee. Baie persoonlik en dit voel of sy aan alles gedink het en nog so bietjie meer. Nie 'n ...
Sien meer
Mei 2026
Eddie S
Gesin met tieners
5.0
Ons kon ontspan en net lekker kuier! Ons verblyf was heerlik. Die gesinseenheid was privaat met parkering reg voor die deur. Baie belangrik vir my wat...
Sien meer
Apr 2026

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Chanel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 81

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • 32 Lynburn Road, Lynnwood Manor, Pretoria, 0081, Gauteng
  • Gaste dink 32 On Lynburn het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R899
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R899
per nag (plek vir 2)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R899
per nag (plek vir 2)
Bespreek

32 Lynburn Road, Lynnwood Manor, Pretoria, 0081, Gauteng

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 8 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8ec24bd30ebc55bd78fc93b94271f4ce645eab73ffdd206817bcdd3686edf873976e44ae538ec34e52fd0174a0580ae199bf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R899 per nag (plek vir 2) 81 5 1 5 32 Lynburn Road Lynnwood Manor 0081 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -25.76248898951 28.281568586826
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang