43 on Congo in Emmarentia

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 15 % af

Kry 15% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

43 on Congo bied opgeknapte selfsorg-ateljeeverblyf in boetiekstyl in die lowerryke, veilige voorstad Emmarentia in Johannesburg. Dit is naby heerlike restaurante, winkels en kroeë.

Die pragtige, eklektiese ateljees het elk hul eie ingang met moderne en stylvolle geriewe. Dit is kompak en skoon met alles wat jy nodig het vir gerieflike verblyf.

Elke ateljee het 'n dubbelbed, en suite-stort, kombuisie en leefarea. Die kombuisies het elk 'n tweeplaatstoof en oond, yskassie, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware. Elke ateljee het 'n TV met sekere DStv-kanale en toegang tot WiFi. Gaste kan in hul privaat binnehof sit en die laatmiddagsonnetjie geniet.

Die ateljees word weekliks skoongemaak. Gaste kan op die perseel agter 'n hek parkeer en die perseel word met 'n alarm beveilig.

Sharleen, die gasvrou, woon op die perseel en is daar om te help. Sy woon al haar hele lewe lank in Johannesburg en ken al die besienswaardighede en restaurante, kroeë en versteekte juwele.

Kenmerke

  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 43 On Congo In Emmarentia gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 R680 per nag (vir 2 mense)

Kry 15% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za