440 @ Brooklyn

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

440 @ Brooklyn is in die hartjie van Brooklyn, 'n gesogte en gevestigde area in Pretoria. Ons verblyf is ideaal vir sakereisigers of vakansiegangers wat op soek is na oornagverblyf of wat selfs langer in die skilderagtige Jakarandastad wil kuier.

Dié huis het 'n hele paar kamers wat volledig gemeubileer is. Daar is standaardkamers en 'n groot solderkamer met 'n klein, privaat balkon wat oor die tuin uitkyk.

Elke kamer het 'n en suite-badkamer, lessenaar, gratis WiFi, 'n yskas, koffie- en teemaakgeriewe, 'n TV, kluis, en baie kasruimte. Gaste kan tussen 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens kies.

Die ruim sitkamer het 'n TV met DStv.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg. Ontbyt is teen 'n ekstra koste en op versoek beskikbaar.

Gaste het toegang tot braaigeriewe op die eiendom.

Die huis is sentraal en naby al die groot hospitale in Pretoria geleë. Groenkloof Hospitaal is minder as 3 km vanaf die huis.

Die eiendom het 'n elektriese heining en veilige parkeerplek op die perseel.

Vir die avontuurlustige besoeker is Pretoria-gholfbaan en Magnolia Dal met sy talle stap- en fietsryroetes net 'n paar minute van die huis af.

440 @ Brooklyn is slegs 600 m vanaf Brooklyn Mall met talle winkels, restaurante en besienswaardighede. Dit is 1 km van die Universiteit van Pretoria af, 2,5 km vanaf Loftus Versveld en met die Gautrein-bushalte op die voorstoep is 440 @ Brooklyn ideaal vir enige besoeker.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express

Geriewe

  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Internet

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 440 @ Brooklyn gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R980 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za