57 On North
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg-Noord 57, Umdloti-strand, 4350, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 500 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
57 On North is 'n luukse woonstel wat selfsorgverblyf in 'n veilige kompleks aan die Umdloti-strandfront bied. Die rustige kusdorpie Umdloti is minder as 30 km noord van Durban en is die ideale plek vir 'n gesinsvakansie.
Dié drieslaapkamerwoonstel het lieflike see-uitsigte en bied slaapplek aan 4 volwassenes en 2 kinders. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, terwyl die derde slaapkamer 2 enkelbeddens het. Albei kamers het 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf en wasmasjien toegerus. Die leefarea het 'n etenstafel, 'n gemaklike sitkamerstel en 'n TV met DStv. Gaste het ook toegang tot gratis WiFi. Die woonstel lei na 'n balkon met braaigeriewe en 'n uitsig oor die see.
Gaste kan besienswaardighede en aktiwiteite, asook plaaslike restaurante, winkels en pragtige strande geniet.
Kamer-opset
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.3/5
Corrie Geverifieer
Eiendomme 67
Resensies 223
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Kusweg-Noord 57, Umdloti-strand, 4350, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Umdloti Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg-Noord 57, Umdloti-strand, 4350, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom