602 Infinity
Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 30 Mrt 2021 tot 16 Apr 2021.
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Coralweg 87, Bloubergstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 18
- Vanaf R1 295 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
602 Infinity is 'n luukse selfsorgwoonstel wat ideaal is vir 'n wittebrood, spesiale geleentheid of 'n sielsverkwikkende vakansie.
Die woonstel is op Bloubergstrand se seefront met 'n uitsig oor die Atlantiese Oseaan, op Tafelberg, die stad, V&A Waterfront en Robbeneiland. Dit het deur die jare 'n gewilde keuse vir wittebroodpaartjies geword, wat 'n intieme onvergeetlike romantiese uitstappie-ervaring bied. Die ligging bied maklike toegang tot die Kaapse middestad, Kaapstad Internasionale Lughawe, talle wynlande, Kaappunt en verskeie ander besienswaardighede in en om Kaapstad.
Dié luukse selfsorgwoonstel spog met pragtige meubels en 'n retrostyl. Die slaapkamer het oorgenoeg kasspasie, 'n kluis en die sagste koninggrootte-bed met gehalte-linne. Daar is ook 'n moderne en suite-badkamer met 'n stort en bad. Die leefarea het 'n platskerm-TV met DStv, YouTube, Showmax en Netflix, 'n blêrkas van die 1950's, 'n radio, en CD- en iPod-speler.
Die intieme eetarea het 'n groot, omgewingsvriendelike kaggel. Die kombuis is volledig toegerus met 'n Bosch-oond en mikrogolf, SMEG-yskas en -vrieskas, SMEG-skottelgoedwasser, filterkoffiemasjien en 'n SMEG-broodrooster en ketel.
Gaste het toegang tot al die geriewe in die kompleks. Geriewe in die kompleks sluit 'n groot buite-swembad met 'n sondek wat oor die Atlantiese Oseaan uitkyk, 'n verhitte binne-swembad en 'n binnenshuise gimnasium en joga-kamer, muurbalbane, selfhelpwassery en braaigeriewe met sitplek in. Daar is aangewese gratis kelderparkeerplek met geslotekringtelevisie. Gratis, onbeperkte hoë spoed WiFi is beskikbaar.
The Doodles Restaurant, Primi Piatti, News Café, Catch 22 en Pakalolo Beach Bar is maar 'n paar minute se stap van die kompleks af. Daar is talle restaurante en winkels in die omgewing. Eden on the Bay is 2 km weg, en gaste kan skemerkelkies by MOYO Restaurant of 'n yskoue bier op die gras by Blue Peter Hotel geniet.
Blouberg se strandfront is bekend vir die ideale watersport-toestande, en is as een van die wêreld se top-vlieërbranderryplekke bestempel. Die strand strek ver in beide rigtings en dis ideaal vir lang wandelings op die strand.
Slaapplek
’n Bespreking by 602 Infinity sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Braaiplek
- Portier
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Portugees
Maaltye Aangebied
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Coralweg 87, Bloubergstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
- Gaste dink 602 Infinity het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Bloubergstrand Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Coralweg 87, Bloubergstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 18