+74
Selfsorg in Marina Beach

69 Lagoon Drive

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.3
Veiligheid
4.3
Chris V
Lang verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jan 2026

Ons kuier was beter as verwag, en elke sent werd. Verblyf by 69 Lagoon was ongelooflik lekker. Met die aankoms was die plek skoon en reg vir ons. Dit was 'n spreekwoordelike huis weg van ons huis. Die groot oop plan kuierareas (ja, meervoud) het ons goed gediens gedurende die reënerige dae. Iemand het vooruitgedink, want die onderdakbraai en buitekuierarea het ons 'n paar keer gehelp as dit reënerig was. Die kinders was amper die hele dag in die swembad, of ons kon gou stand toe loop aangesien dit net om die draai was. Die kombuis het elke moontlike ding wat jy nodig kan hê, en die aparte kamer het ons vriend gebruik om bietjie te ontsnap as die kinders te besig raak. Ons oggende het ons eers op die een stoep gaan koffie drink, dan weer koffie gaan maak en op die ander stoep gaan sit, dan 'n ligte ontbyt gaan maak, dan het ons familie wat op ander plekke bly kom kuier want ons het net eenvoudig die lekkerste huis gehad met die meeste spasie en beste geriewe, dan het ons almal stand toe gegaan. Sodra ons terug van die strand af gekom het, het almal afgekoel in die swembad (soms in die reën), en dan lekker gestort en dan het ons gebraai. Laataand het ons weer op die stoep gesit met 'n koffie. Dit was 'n ongelooflik lekker kuier en ons sal weer gaan die eerste kans wat ons kry.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Janine
69 Lagoon Drive
Hoe se mens dankie vir so 'n uitstekende resensie deur gaste met waardering vir moeite en harde werk. Dis net 'n absolute plesier en sal julle enige tyd weer verwelkom. Bly julle het julle vakansie geniet en lekker gerus. Hartlike dank vir julle ondersteuning en hoop ons sien sommer gou weer. Waardeer. Groetnis.

Gerhard V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2024

Great! Sal enige tyd weer gaan. Ongelooflike lekker plekkie om in te bly. Vanaf ons aankoms was alles in orde - netjies, skoon, veilig en omhein, rustig en totaal en al toegerus met alles wat 'n mens nodig het. Totaal op die standaard van 'n 5-ster hotel, indien nie selfs hoër nie. Dis rustig en vredevol langs die strandmeer met eende en ganse, en verskillende voëlspesies. Die huis is ook 'n kort afstand van die strand af en het 'n gesonde strand- en seelewe. Uitstekende gashere en sal mooi na julle omsien.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Janine
69 Lagoon Drive
Hi Gerhard. Jy's 'n yster! Baie dankie hiervoor, waardeer rerig baie. Ons het weer intussen heelwat verbeteringe aangebring en bietjie nuwe fotos ens aangebring. Hierdie naweek en volgende naweek het ons gaste. Hoop ons sien jou gou weer! Groete

Shawn L
Kort verblyf
3.8
Apr 2024

Five star accommodation with some three star experiences. I have no further comments in this regard.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
4.0
Janine
69 Lagoon Drive
Thank you for the review.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Janine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 3

Op LekkeSlaap 2 jaar

Vanaf
R 1 500
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag (plek vir 2)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 500
per nag (plek vir 2)
Bespreek

69 Lagoondrive, Marina beach, Margate, 4275, KwaZulu-Natal

Sien kaart
  • Slaapplek vir 20 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA709debb5cb1627757ac0ae4abcccb8b567988ef996f40196b26fd656cffc434d45c736bc92b83937191815e4e2e43ad75772?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag (plek vir 2) 3 5 1 5 69 Lagoondrive Marina beach 4275 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -30.934184482467 30.307459642759

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang