7 On Oakleigh
- Kapasiteit: 17 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Oakleigh-laan 7, Wembley, Pietermaritzburg, 3201, KwaZulu-Natal
- Vanaf R968 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
7 on Oakleigh bied selfsorgverblyf in die lowerryke woonbuurt genaamd Wembley in die noorde van Pietermaritzburg, minder as 5 km vanaf die middestad. Wembley is 'n stil woonbuurt en die gastehuis spog met 'n rustige atmosfeer.
Verblyf beskik oor 5 selfsorg-eenhede, elke met sy eie kombuisie en leefarea. Linne en handdoeke word voorsien. Verder het elke eenheid 'n TV met DStv en koffie en tee vir die eerste dag. Die kamers word gedurende die week daagliks skoongemaak. Daar is 'n kragopwekker vir beurtkrag.
7 on Oakleigh het 'n swembad, 'n braai-area, terras en 'n tuin. Sekuriteit word voorsien deur sekuriteitskameras, 'n sekuriteitswag, en gewapende reaksie. Veilige onderdakparkeerplek is op die perseel beskikbaar en toegang word verkry deur middel van 'n afstandbeheer. 'n Wasgoeddiens is beskikbaar op versoek.
Daar is 2 gimnasiums is te vinde minder as 5 minute se ry van hier af, en daar is heelwat restaurante, kroeë, en koffiewinkels in die omgewing. 7 on Oakleigh is ook lekker naby Liberty Midlands Winkelsentrum, Cascades Winkelsentrum en Victoria Road Winkelsentrum.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Blaaibord
- Witborde
- Internet
- Televisie
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Adrienne Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 42
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Oakleigh-laan 7, Wembley, Pietermaritzburg, 3201, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 7 On Oakleigh het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Wembley Pietermaritzburg KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 17 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Oakleigh-laan 7, Wembley, Pietermaritzburg, 3201, KwaZulu-Natal