7 Yellowood
10 gaste
5 slaapkamers
5 beddens
4 badkamers
- Slaapplek vir 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 7 Yellowood, Zimbali Coastal Estate, Zimbali, 4418, KwaZulu-Natal Sien kaart
Beskrywing
7 Yellowood is 'n elegante villa op 'n groot en eksklusiewe perseel met 'n welige woud en lieflike uitsigte. Hierdie villa is op Zimbali Coastal Estate geleë en is die ideale opsie vir 'n gesinswegbreek en spog met 'n pragtige uitsig oor die landgoed, asook 'n swembad en 'n Jacuzzi.
Dié villa het lugversorging, bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers en 4 badkamers. Die eerste 2 slaapkamers het elk 'n koninggrootte-bed. Die ander 3 slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed. Twee badkamers het 'n bad en 'n stort, terwyl die ander 2 elk 'n stort het. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.
Die ruim oopplan-leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware, eiland met stoele, skottelgoedwasser, tuimeldroër en 'n wasmasjien toegerus is. Die kombuis lei na 'n eetarea met oorgenoeg sitplek. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv.
Op die boonste verdieping is 'n knus kuierarea met gemaklike sitplek en 'n kroeg. Stapeldeure lei na 'n onderdakstoep met 'n gasbraai en 'n swembad en 'n Jacuzzi. Veilige parkeerplek is in 'n dubbelmotorhuis beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Bad, Stort, Toilet
Badkamer
Bad, Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
3.8/5
Roxanne Geverifieer
Eiendomme 20
Resensies 13
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- 7 Yellowood, Zimbali Coastal Estate, Zimbali, 4418, KwaZulu-Natal
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
7 Yellowood, Zimbali Coastal Estate, Zimbali, 4418, KwaZulu-Natal
Sien kaart- Slaapplek vir 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang