74 Eden Sands
-
Voorkeurvennoot
- Kapasiteit: 5 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Middletonweg 42, Winklespruit, Kingsburgh, 1426, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R680 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
74 Eden Sands is 'n moderne tweeslaapkamer-eenheid met 'n see-uitsig. Dié eenheid is op die grondvloer geleë, maar daar is wel trappe wat vanaf die parkeerarea na die eenheid lei. Die eenheid bied direkte toegang tot die strand en is in Kingsburgh, Amanzimtoti naby verskeie winkles geleë. Dit bied selfsorgverblyf vir 'n groep of gesin van tot maksimum 4 volwassenes en 1 kind.
Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n slaapbank in die leefarea wat geskik is vir 1 kind. Elke kamer het 'n waaier. Dié kamers deel 'n badkamer met 'n stort-oor-bad. Bring asb. jou eie strandhanddoeke saam.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n yskas, mikrogolfoond en 'n stoof. Die sitkamer het DStv dekodeerder met basiese kanale. Gaste is welkom om hul eie dekodeerder, slimkaart en afstandbeheer saam te bring.
Die eenheid word van Maandag tot Vrydag gediens, publieke vakansiedae uitgesluit.
Die kompleks is baie veilig met elektriese heinings en sekuriteitswagte. Daar is ook 'n veilige onderdakparkeerplek vir 1 voertuig. Verder is daar ook 'n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe in die kompleks met lieflike tuine. Dit is net 'n entjie se ry vanaf verskeie winkels en restaurant en 10 km vanaf die Gallaria Winkelsentrum waar al die pret en plesier is.
Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie.
Slaapplek
’n Bespreking by 74 Eden Sands sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Middletonweg 42, Winklespruit, Kingsburgh, 1426, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 74 Eden Sands het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Winklespruit Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 5 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Middletonweg 42, Winklespruit, Kingsburgh, 1426, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom