9 Chaka Sands

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

9 Chaka Sands is ’n selfsorgwoonstel met 2 verdiepings in ’n stil kompleks in Shaka's Rock met direkte toegang tot die privaat Catfish-strand slegs 'n paar meter weg.

Dié duplekswoonstel bied slaapplek aan 6 gaste en het 3 slaapkamers, 2 badkamers en ’n oopplan-kombuis en -leefarea, asook gastetoilet. Die hoofslaapkamer en tweede kamer het elk ’n koningingrootte-bed. Die derde kamer het 2 enkelbeddens. Daar is lugversorging in die hoofslaapkamer en plafonwaaier met afstandbeheer in elke kamer. Op die boonste verdieping is 2 volledige badkamers saam met die slaapkamers.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met ’n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, ysmasjien, eetgerei en breekware. Daar is ook ’n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die onderste area beskik oor lugversorging.

Gratis WiFi en Netflix word voorsien, saam met ’n Chromecast-toestel wat jy saam met jou selfoon kan gebruik. Daar is ’n Bloutand-luidspreker waarop gaste hulle musiek kan speel.

Die leefarea lei na ’n groot stoeparea met ingeboude braaigeriewe. Daar is diefwering op die venster op die onderste verdieping en veiligheidshekke by die deure, asook nagwagte in die kompleks.

Slaapplek

'n Bespreking by 9 Chaka Sands sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 9 Chaka Sands gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 950 R1 755 per nag (plek vir 6)

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za