928 @ Highland Gate
10 gaste
5 slaapkamers
8 beds
5 badkamers
- 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Erf 928, Highland Gate Golf And Trout Estate, Dullstroom, 1110, Mpumalanga Sien kaart
Beskrywing
928 @ Highland Gate is 'n kontemporêre selfsorghuis op die Highland Gate Golf and Trout Estate in, Dullstroom. Dit is ideaal vir 'n groot gesin, groep vriende of gholfspelers wat op soek is na 'n rustige wegbreek om die stadsgewoel te ontsnap.
Dié huis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 en suite-slaapkamers. Drie slaapkamers het elk 'n koninggrootte-bed, terwyl die oorblywende 2 slaapkamers elk 2 enkelbeddens het. Vier badkamers het elk 'n stort en die vyfde badkamer het 'n bad en 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, ketel, koffiemasjien, ysmasjien, eetgerei, breekware, yskas-vrieskas, yskassie en 'n toonbank met stoele toegerus. Die aparte opwaskamer het 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die sit- en eetareas het oorgenoeg sitplek, 'n binnebraai en 'n kaggel. Daar is 'n slim-TV met DStv-stroom en toegang tot gratis WiFi.
Die leefarea lei na 'n groot stoep met 'n asemrowende uitsig oor die vallei. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Daar is 'n omsetter om te verseker dat die ligte tydens kragonderbrekings aan bly.
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Ronelle Geverifieer
Eiendomme 15
Resensies 15
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Erf 928, Highland Gate Golf And Trout Estate, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Erf 928, Highland Gate Golf And Trout Estate, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
Sien kaart- 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang