Kry 15% af. Geldig vanaf 1 Mrt 2021 tot 31 Mrt 2021.
- Kapasiteit: 25 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Van Blerk-laan 15, Bainsvlei, Bloemfontein, 9338, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R902R767 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
A Little Guesthouse is 'n gewilde gastehuis naby die N1 en 7 minute se ry van die Universiteit af. Dit is 'n plattelandse selfsorggastehuis in 'n veilige omgewing met veilige parkeerplek, gratis WiFi, lugversorging, 'n lieflike tuin en 'n uitsig. Dit dra alles tot die plattelandse atmosfeer in die stad by. Of gaste vir werk, vakansie of albei reis, sakereisigers en gesinne is welkom om hier te kom uitspan.
Nuwe toevoegings is ons vars koffie met koffiedompelpot wat in elke kamer voorsien word, gesuiwerde water, 'n nuwe ontbytkamer wat "Die Stoep" genoem word, en 'n multi-funksionele kamer wat 24 gaste kan akkommodeer. Met boorgatwater, 'n ekstra klein gasstoof en battery-gedrewe ligte is die gastehuis voorberei vir onvoorsiene omstandighede.
Die verblyf word in 7 selfsorg-eenhede aangebied. Die gastehuis het gemaklik slaapplek vir 17 gaste, maar indien die fokus eerder op bekostigbaarheid is, kan 24 gaste geakkommodeer word. Elke eenheid het 'n en suite-stort en 'n kombuis wat ten volle toegerus is met algemene kombuisware en elektriese toebehore soos 'n yskas, stoof, mikrogolfoond, elektriese braaipan, broodrooster en 'n ketel. Verder word gehaltelinne, komberse en handdoeke ook voorsien gedurende verblyf. Die ander kamergeriewe sluit lugversorging, elektriese komberse, 'n gasverwarmer, 'n waaier en gratis WiFi in.
Gaste kan gebruik maak van die sitkamerarea wat beskik oor 'n eetkamertafel, gemakstoele en 'n platskerm-TV met 40 DStv-kanale, insluitende sportkanale, kykNET en filmkanale.
Elke eenheid het veilige onderdakparkeerplek en 'n privaat patio met braaigeriewe. Soms word die voëlgesang in die tuin onderbreek deur 'n leeu se gebrul in die leeupark wat naby ons geleë is. Daar is wasgoeddienste in die area waar jy jou wasgoed op dieselfde dag kan gaan afhaal.
Ander besienswaardighede in die area sluit restaurante, geriefswinkels, kroeë, banke, kerke, gesondheidsentrums en vulstasies in. Die Bram Fisher Lughawe is 20 minute se ry weg en die Tempe Lughawe is net 11 minute se ry weg. Die gastehuis is naby Nelson Mandela-rylaan geleë, so gaste kan maklik toegang kry tot die Universiteit van die Vrystaat, die Sentrale Universiteit van Tegnologie, die middestad, Naval-heuwel, winkelsentrums, skole, hospitale en sportstadions.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Fietsry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Skootrekenaar-projektor
- Internet
- Televisie
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
- Plek vir tot 30 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Van Blerk-laan 15, Bainsvlei, Bloemfontein, 9338, Vrystaat
- Gaste dink A Little Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Bloemfontein Vrystaat
- Kapasiteit: 25 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Van Blerk-laan 15, Bainsvlei, Bloemfontein, 9338, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom