A Mountain View Country Estate
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 16 Sep 2020 tot 31 Jan 2021.
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas Brakfontein, Fochvilleweg 40 & 41, Parys, 9585, Noordwes
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R650R585 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
A Mountain View Country Estate is op die Fochville-pad, net 9 km buite Parys geleë en word omsoom deur skilderagtige, bergagtige landskappe. Dié landskap het ontstaan toe 'n meteoriet, so groot soos Tafelberg, sowat 2020 miljoen jaar gelede met die aarde gebots het en daardeur die natuurlike wonder, die Vredefortkoepel geskep het.
Die selfsorggastehuis bied verblyf in 9 pragtige versierde kamers. Die kamers is langs mekaar onder dieselfde dak. Die kamers is nie individuele eenhede nie en dit is oopplan. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met stort, wasbak en toilet. Die kamers kan rolstoele akkommodeer. Vyf van die kamers het dubbelbeddens en die ander 4 het elkeen 2 enkelbeddens. Daar is slaapplek vir 2 gaste in elke kamer. Matrasse is beskikbaar vir ekstra gaste en kinders.
A Mountain View Country Estate het 4 aparte gaste-toilette en 1 aparte badkamer wat net geskik is vir kinders. Verder is daar 4 kombuise. Let asb. op dat 'n kombuis aan elke groep toegeken sal word, as daar nie 'n kombuis beskikbaar is nie sal 'n koffie-stasie en kombuisie toegeken word. Doen asb. navraag oor beskikbaarheid. Potte, panne, toebehore, broodplanke, botteloopmakers, mikrogolfoonde, yskaste, ketels, tweeplaatstofies, eetgerei, breekware en glase word in 3 kleiner kombuise voorsien. In die groot kombuis is daar 'n groot agtplaatstoof met 2 oonde. Daar is ook 'n aparte gemeenskaplike eetkamer en 2 aparte gemeenskaplike sitkamers.
Let asb. op: Parys, die naaste dorp, is 9 km van die gastehuis af. Dit is kunsvlieghengelwêreld, die magtige Vaalrivier kronkel deur ons 54 hektaar-onderneming. Baie voëls en insekte kom hier voor so onthou om jou verkyker in te pak (kyk uit vir die visarend en luister na sy kenmerkende roep). Geniet die natuurskoon en die plaasomgewing!
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Rolstoelvriendelik
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Opsomming van Resensie
Ligging
- Plaas Brakfontein, Fochvilleweg 40 & 41, Parys, 9585, Noordwes
- Gaste dink A Mountain View Country Estate het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Parys Noordelike Vrystaat Noordwes
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas Brakfontein, Fochvilleweg 40 & 41, Parys, 9585, Noordwes
- Alle ouderdomme is welkom