AAA Accommodation
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Queen's-singel 452C, Lynnwood, Pretoria, 0081, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R690 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
AAA Accommodation is in die hartjie van Lynwood, Pretoria geleë.
Daar is 4 eenhede: die hoofkamer, buitewoonstel met 'n ingang, 'n rugsakreisigerkamer en ’n tuinkothuis.
Die hoofkamer is volledig gemeubileer en het 'n en suite-badkamer, klein kombuisie en baie kaste. Daar is ook 'n mikrogolfoond, yskassie, TV en breekware. Die woonstel word daagliks skoongemaak. Die woonstel word deur die hoofhuis bereik, maar dis steeds baie privaat.
Die buitewoonstel het sy eie ingang en dis 'n aleenstaande eenheid. Dis baie privaat en het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kamer het genoeg kasruimte, asook 'n kombuisie met 'n yskassie, mikrogolf, ketel en induksieplaat.
Let wel dat dié kamer buite die eiendom is en baie privaat is met sy eie ingang. Gaste het net toegang tot die hoofkamer en rugsakreisigerskamer van buite af.
Daar is ook rugsakreisigerskamer met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf en 'n en suite-badkamer.
Die Tuinkothuis het 1 slaapkamer en is rustig en veilige in die buite-area. Daar is ’n en suite-badkamer en kombuisie.
Daar is uitstekende sekuriteit en veilige parkeerplek van 18:00 - 06:00.
Die gerieflike ligging sal sorg dat jy in 'n japtrap by die hoofpaaie en hoofwee, soos die N1 en die N4. Ons is ook naby aan die Wêreldbank, Innovation Hub, CSIR, baie besigheidsparke, die Universiteit van Pretoria, die Botaniese Tuine, Lynnwood Brug, Glenfair-winkelsentrum, Menlyn-winkelsentrum, Menlyn Maine en Loftus Versveld. Menlyn-winkelsentrum bevat teaters, bioskope en restaurante en die stadskern en verskeie besigheidsparke is ’n klipgooi ver vanaf AAA Accommodation.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Nagportier
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Kantoorgeriewe
- Sekretariële Geriewe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Queen's-singel 452C, Lynnwood, Pretoria, 0081, Gauteng
- Gaste dink AAA Accommodation het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Lynnwood Pretoria-Oos Pretoria Gauteng
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Queen's-singel 452C, Lynnwood, Pretoria, 0081, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom