Aandster Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Aandster Accommodation is net buite Parys geleë, na aan alles in en om die stad. Dit is net 2 ure se ry van Johannesburg en Pretoria af, en grens aan die bekoorlike Vaalrivier. Aandster bied egte plaasverblyf. Daar is baie ruimte, vars lug en vryheid en bied die ideale wegbreekplek vir 'n gesin.

Die verblyf bestaan uit 'n ongekunstelde grasdak-plaashuis met 2 losstaande kamers en daar is ook 'n pragtige lapa wat oor die grasveld uitkyk. Die hoofhuis het 3 slaapkamers met slaapplek vir 7 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, en 'n toilet. Die tweede kamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer is 'n soldervertrek met 3 enkelbeddens. Daar is 'n tweede badkamer met stort- en toiletgeriewe op die onderste verdieping. 'n Bungalow met 2 kamers is na aan die hoofhuis beskikbaar en het slaapplek vir 4 gaste. Die bungalow het 'n stort en toilet, dubbelbed en 2 enkelbeddens.

Al die nodige beddegoed en handdoeke word voorsien.
Die verblyf is volledig toegerus vir selfsorg. Die leefarea het gemaklike sitplek, maar bring asseblief jou eie DStvdekodeerder saam as jy graag wil TV kyk.

Braaigeriewe en 'n pool-tafel is beskikbaar.

Talle lieflike voetslaanroetes is naby Parys te vinde, en die dorp self staan propvol kuns, antiekware en koffiewinkels. Ander doendinge sluit riviervlotvaart, abseil, kunsvlieghengel, vierwielmotorfietsritte en 4x4-rotes in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Aandster Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za