Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Aan't Kanaal B&B

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Liebenbergstraat 1, Upington, 8801, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Aan't Kanaal B&B is 'n pragtige, opgeknapte huis wat al van 1950 af staan, net 2 km van Upington se middedorp af. Die B&B is langs 'n groot park en 'n leivoor geleë, vandaar die naam. Aan’t Kanaal kyk uit oor die bekende wingerde van die Groen Kalahari. Alhoewel Aan’t Kanaal net binne 300 m van die N14 af geleë is, sal gaste 'n rustige atmosfeer geniet wat deur die volop inheemse voëllewe versterk word. Gaste kan in die swembad afkoel en in die groot tuin ontspan. Die parkrun-roete van Upington begin ook 200 m van Aan't Kanaal in Liebenbergstraat - perfek vir 'n Saterdagoggend-draf of -stap aan die Oranjerivieroewer.

Daar is 2 en suite-kamers in die ruim huis en ook 2 aparte selfsorg-eenhede. Al die kamers en die woonstel het lugversorging wat noodsaaklik is vir die warm somers en kouer winters. Sekere DStv-kanale is in al die eenhede beskikbaar. WiFi is beskikbaar op versoek.

Aan't Kanaal B&B bedien slegs ontbyt. Daar is heelwat billike restaurante in Upington waar gaste aan 'n heerlike middag- of aandete kan smul. Padaanwysings en raad is beskikbaar indien gaste dit versoek. Braaigeriewe is ook beskikbaar. Daar is koffie- en teemaakgeriewe in al die eenhede.

Gesinne is welkom, maar klein kinders moet ten alle tye dopgehou word, veral by die swembad en in die tuin. Troeteldiere is welkom in die selfsorg-eenheid. Veilige parkeerplek met afstandbeheerde toegang is beskikbaar op die perseel.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 24 resensies vir Aan't Kanaal B&B
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Liebenbergstraat 1, Upington, 8801, Noord-Kaap
  • Gaste dink Aan't Kanaal B&B het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Liebenbergstraat 1, Upington, 8801, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDZmM2VlOGY4LTE4ZjQtNDA1OS1iNDZkLTAzZjEzNTM1NTk3MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense 24 5 1 5 1 Liebenberg Street Upington 8801 Noord-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -28.447190050173 21.268943846226