Abbey Manor Luxury Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dié luukse 5-ster-gastehuis lê aan die hange van Tafelberg en kyk oor die Moederstad uit. Abbey Manor het 9 luukse kamers wat elkeen spog met 'n lieflike uitsig oor die see en stad, en dis slegs 15 min van die V&A Waterfront asook Kampsbaai en Clifton se strande af.

Abbey Manor se luukse kamers is elkeen individueel versier en bied dramatiese uitsigte oor die stad, see of majestueuse berge. Daar is gratis WiFi, 'n smullekker ontbyt, lugversorging in elke kamer en 'n afgesonderde, verhitte swembad. Ons bied ook 'n lughawependeldiens.

Abbey Manor is 'n historiese gebou wat nou al 110 jaar oud is. Die huis is met liefde opgeknap om sy eertydse glorie te weerspieël. Hier sal jy ouwêreldse sjarme gekombineer met moderne gemak beleef. Dit is een van die min plekke in die stad wat spog met 'n 360º-uitsig oor die berg, die hawe en die Hottentots-Hollandsberge in die verte.

Die huis het luukse kamers en 'n fynproewersontbyt wat die uitstekende verblyf by dié sentrale Kaapse gastehuis mooi afrond. Elke ruim gastekamer het groot vensters sodat jy die omliggende omgewing behoorlik kan waardeer terwyl jy in jou kamer ontspan. Die vrystaande baddens en antiekafwerkings dra by tot die geskiedkundige atmosfeer.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Wynproe
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Frans
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Abbey Manor Luxury Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 072 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za