Bedfordview Akkommodasie by Acacia Grove Guest House | LekkeSlaap
+33

Acacia Grove Guest House

6 resensies
Gastehuis
  • Vanaf R650 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Acacia-weg 4, Bedfordview, Germiston (Oos-Rand), 2007, Gauteng
  • Geen kinders onder 18

Beskrywing

Acacia Grove Guest House is in 'n pypsteel-erf in die stil en rustige woonbuurt, Bedfordview, geleë en is na aan verskeie hoof-verkeerskruisings. Ons is ideaal geleë, slegs 15 km vanaf die OR Tambo Internasionale Lughawe en binne 5 na 20 km van al die hoofsakesentrums, winkelsentrums, gholfbane, vermaakplekke en kulturele besienswaardighede.

Die gastehuis het 3 eksklusiewe dubbelkamers, elkeen met 'n koningingrootte-bed, 'n privaat ingang en 'n en suite-badkamer. Rook is verbode in die gastehuis. Elke kamers is beeldskoon gemeubileer en toegerus met 'n plafonwaaier, haardroër en plek om vinnig jou elektronika se herlaai. Ons voorsien ook gehaltelinne en ekstra komberse in die kas indien jy dit sou benodig.

Daar is 'n reeks sakedienste beskikbaar. Ons kan ook besprekings by restaurante, toere, lughawependeldienste en ander vervoerdienste maak. Ekstra kostes en terme en voorwaardes geld. Die swembad is oop vir al ons gaste en daar is ekstra swemhanddoeke beskikbaar by die patio-kroeg. Moet asseblief nie die badhanddoeke in jou kamer gebruik as swemhanddoeke nie.

Ontbyt is beskikbaar as 'n opsionele ekstra en moet 'n dag voor die inklokdatum bestel word. Ons standaard-opsie sluit tee en filterkoffie, ontbytgraan, jogurt, seisoenale vrugte, wors, spek, eiers, sampioene, tamatie en roosterbrood in. Ontbyt word tussen 06:00 en 09:00 bedien.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • DVD-speler
  • Kantoorgeriewe
  • Rekenaar Netwerklewering
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 6 resensies vir Acacia Grove Guest House
Netheid
4.8/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Acacia-weg 4, Bedfordview, Germiston (Oos-Rand), 2007, Gauteng
  • Gaste dink Acacia Grove Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R650
per nag (plek vir 2)
Vanaf R650
per nag (plek vir 2)
Vanaf R650
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Acacia-weg 4, Bedfordview, Germiston (Oos-Rand), 2007, Gauteng
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9uNjJ9BYClcHgR3fVHwBEDoxUb59HsI69xzHmnbpNX5kLO4cXH?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R650  per nag (plek vir 2) 6 5 1 5 4 Acacia Road Bedfordview 2007 Gauteng 086 999 0018 12:00-19:00 10:00 -26.172708488011 28.156813979076
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za