African Ambience Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

African Ambience is ontwerp om verblyf met gerief, spasie en privaatheid wat wat jy van 'n 4-ster instansie sal verwag, te voorsien. Die gastehuis is gesetel in 'n welige tropiese tuin in St Lucia, midde-in 'n natuurlike Wêreld Erfenisgebied, die iSimangaliso Vleiland Park.

African Ambience Guest House is omring deur rustige Koidamme en waterpunte, wat 'n ideale atmosfeer van totale ontspanning skep, binne of buite. Die grasdak 'huis weg van die huis' het 3 baie groot , gerieflike, luukse kamers, asook 'n wittebrood-suite met 'n private ingang, patio, tuin-uitsig kluis, luukse spabad, TV en yskas. Daar is 2 dubbelkamers en 'n familiekamer op die 1ste vloer. Al die kamers is en suite, lugversorg met gasvryheidskinkbord. Ons bied ook 'n wasgoeddiens aan.

Ontbyt word óf rustig in die eetkamer bedien, óf op die patio wat oor die rotspoel uitkyk. Verlekker jou in die waarneming van wildsbokke, eekhorings, apies en voëls in jou onmiddellike omgewing. Aandetes word op versoek bedien, alhoewel daar talryke restaurante in die dorp is binne gerieflike stapafstand. Jou gashere stel hulle ten doel om jou verblyf 'n onvergeetlike een te maak.

Nadat jy deelgeneem het aan die vele aktiwiteite in die area, kan jy verseker wees van vrede en rustigheid by die private kroeg op die perseel, waar jy jou dors kan les en die avonture van die dag met jou mede-gaste kan bespreek.

Die sprankelende swembad met braaigeriewe, sowel as die talryke Koi-damme geleë in die tropiese tuine, maak African Ambience House 'n luuksheid vir die paar uitverkorenes. Ná sonsondergang versmelt die atmosfeer van die buitelug-swembad, tuin, waterpunte en grasdak-kompleks met mekaar, en word getransformeer met landskap-beligting. Jou gashere John en Laura is byderhand om jou te help met die beplanning van uitstappies in die omgewing.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na African Ambience Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za