Eshowe Akkommodasie by African Dwarf Kingfisher Guesthouse | LekkeSlaap
+22

African Dwarf Kingfisher Guesthouse

23 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: William Chadwick-rylaan 39, Eshowe, 3815, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R600 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

African Dwarf Kingfisher Guesthouse bied akkommodasie in selfsorg-eenhede en is in die historiese dorpie Eshowe geleë. Die gastehuis is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf, weg van die stad se geraas.

Die akkommodasie by African Dwarf Kingfisher Guesthouse bestaan uit 4 kothuise wat smaakvol ingerig is. Die Pigmy, Dwarf en Malachite Kingfisher-eenhede het elk 'n dubbelbed en is ideaal vir 'n paartjie of enkelreisiger. Giant Kingfisher het 'n dubbelbed, sy tweede slaapkamer 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, en daar is 'n slaapbank in die sitkamer. Dit is gepas vir 'n gesin van 6. Elke eenheid het 'n goed toegeruste kombuisie en 'n en suite of privaat badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Daar is TV's met sekere DStv-kanale en koffie- en teemaakgeriewe.

Die gastehuis het ook gemeenskaplike braaigeriewe vir gaste se gebruik. Verder kan gaste in die swembad afkoel in die somer. Daar is parkeerplek beskikbaar. African Dwarf Kingfisher Guesthouse is naby Dlinza-woud en net 25 km van die strand en ander besienswaardighede af.

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 23 resensies vir African Dwarf Kingfisher Guesthouse
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • William Chadwick-rylaan 39, Eshowe, 3815, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink African Dwarf Kingfisher Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R600
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R600
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: William Chadwick-rylaan 39, Eshowe, 3815, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAOdLYXfbzU1LrzL7SOf4TQDOJlGy6FMRSt5Qya3XwdzXxjeNbVI?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R600  per nag (vir 2 persone) 23 5 1 5 39 William Chadwick Drive Eshowe 3815 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -28.9088564 31.4568785
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za