LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Albatros Guest House | LekkeSlaap
+41

Albatros Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 29 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Homestead-straat 20, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 6
  • Vanaf R1 050 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Albatros Guest House is stapafstand van die strand en die gonsende dorpie met al sy restaurante en winkels af. Dié spoggerige gastehuis is in die middel van die gewilde Gholfkus en bied luukse akkommodasie en uitstekende uitsigte.

Elke luukse kamer het lugversorging en 'n en suite of privaat badkamer, en is toegerus met 'n TV met sekere DStv-kanale, koffie- en teemaakgeriewe, haardroër, en 'n privaat balkon met 'n puik uitsig oor die see. As jy op die regte tyd van die jaar hier kom bly kan jy kyk hoe die walvisse en dolfyne baljaar, of selfs die sardientjieloop aanskou, dit is Margate se natuurlike juweel en is die grootste skool sardientjies op aarde.

Albatros Guest House bied die volgende geriewe: 'n sauna, klein gimnasium, pooltafel, onderdakbraai (wat voor die tyd bespreek moet word indien jy dit wil gebruik), 'n swembad, en parkeerplek. Ontbyt kan soggens op die dek genuttig word. Die huis en tuin is veilig en het 'n alarmstelsel.

Maak gerus 'n draai by die eindelose strand, beleef die Indiese Oseaan se warm water, ry branders, of skubaduik saam met die haaie by Protea Banks en Aliwal Shoal. Dan is daar ook nog walvis- en dolfynkyk-uitstappies, en diepseehengel-ekspedisies, dis 'n absolute fees!

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 43 resensies vir Albatros Guest House
Netheid
4.8/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Homestead-straat 20, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Albatros Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 050
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 050
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 29 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Homestead-straat 20, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 6
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGIxMWI5MjgzLTg0MWUtNGZkYy1iZjMzLWE2YjA2OWVhMWFhYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 050  per nag (vir 2 persone) 43 5 1 5 20 Homestead Road Margate 4275 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -30.8679063 30.3671044
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!