LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Albertinia Hotel | LekkeSlaap
+17

Albertinia Hotel

Hotel

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 18 resensies vir Albertinia Hotel
Netheid
4.4/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.0/5
Gerhard V - Des 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Gerhard V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Goeie diens en heerlike bekostigbare kos.

Kamers is netjies met die nodige. Diens is uitstekend gewees veral van Ingrid. Die kos was 'n wenner teen baie goeie pryse. Welgedaan.

Yolanda E - Sep 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Yolanda E
Gesin met tieners

Baie effektief, vriendelik en bereid om die ekstra myl te stap.

Die personeel was bereid om by ons persoonlike behoeftes aan te pas.

Kelvin D - Aug 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Kelvin D
Saam met vriende

Quaint, old time hotel.

The Albertinia Hotel lives up to its old time quaintness and the food which always has good reviews was not disappointing. The rooms still have that vintage look. There was a wall heater in room but no electric blanket which was an extreme disappointment for me, although our American friends loved it and they are very fussy. Negative - the number of people hanging around the car park looking for food or a handout.

Celeste M - Mei 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
2/5
Celeste M
Saam met vriende

'n Historiese hotel met baie karakter en ongelooflike goeie diens.

Sien sterre.

Willi V - Nov 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
2/5
Willi V
Enkelreisiger

Gemaklike akkommodasie, vriendelike en persoonlike diens.

Waarde vir Suid Afrikaners se geld het ek 2 sterre gegee, vir jou gemiddelde FT (Flippen Toeris - menende oorsese reisiger met dollars en euros) is R400 per persoon per nag 'n absolute winskoop. My Mandelas is egter swaar verdien en 'n "local discount" opsie sal baie welkom wees. Veral wanneer meer as een persoon inboek van Suid Afrikaanse oorsprong. Die kamer was egter voldoende ingerig en die radio boks teen die muur volledig met 'n knoppie vir die ou Springbok Radio het interessante herinneringe teruggebring. Daar is betaalde WiFi wat in ons dag en tyd verniet behoort te wees. Ontvangs van alle diensverskaffers behoort egter goed te wees, dus geen rede om te betaal vir iets waarvoor jy reeds betaal nie. Ek het die sirloin steak op die al la carte menu probeer. Alhoewel smaaklik, was ek teleurgestel. Die snit was van swak gehalte en ek het omtrent helfte afgesny aangesien dit vet was. Ek kon ook nie agterkom of dit flame grilled was nie, eerder soos pan gebraai voorgekom, maar ek kan verkeerd wees. Hier kan baie verbeter word op. Ek kan nie terugvoer oor ander kosse nie. Wat uitgestaan het, was die persoonlike diens en belangstelling wat getoon is. Dit opsig self laat ietsie soos die steak maar 'n klein dingetjie wees. Baie dankie daarvoor.

Albertinia Hotel's terugvoer

Goeiedag Willi,

Baie dankie dat jy by ons oorgebly het en vir jou terugvoering, ons sal werk maak daarvan.
Wat die waarde vir geld betref , jy was 'n solo bespreking , nie deel van 'n groep nie en het wel vir 'n dubbelkamer gevra , alhoewel jy 'n enkel persoon was en ons het net die enkel tarief gevra en jou in 'n dubbelkamer gehuisves en soos deur jou versoek en was ons ook bereid om die kamer vir jou gebruik later as ons uitkloktyd oop te hou die volgende dag, as jy dalk weer wou kom stort na jy jou maraton voltooi het. Ons gee wel vir groepbespreking 'n spesiale tarief, alles hang af van wat die kliente benodig, grootte van die groep, etes, tydsduur ens.

Ons Wi-Fi is gratis aan alle kliente wat by ons oornag , daar is wel 'n prys van R 30.00 op die koepon gedruk deur ons Wi-Fi verskaffer, wat ons volgens ons eie diskressie kan gebruik vir dagbesoekers wat instap en soms net die Wi-Fi gratis wil gebruik.

Ek is jammer jy steak was nie na jou smaak nie, die personeel sou met graagte vir jou iets anders voorberei het, as jy vir hulle gese het jy is nie tevrede nie, ons probeer ons plaaslike besighede ondersteun, so ons sal seker maak by die slaghuis i.v.m die gehalte van die biefstuk.

Ons hoop jy het toe lekker gehardloop en jou wedloop met gemak voltooi.
Hoop om jou weer hier by ons te ontvang in die toekoms.

Die ou radio's in die kamers vang darem nog 2 plaaslike stasies op, werk van 'n ou transistor in ontvangs, wat ons so lank as moontlik en met moeite aan die lewe probeer hou.

Groete
Des en die span.

Albertinia Hotel
Riana M - Nov 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Riana M
Besigheidsreis

Baie gerieflik, gawe diens.

Baie pragtige ou hotel, mooi gerestoureer en gerieflike kamers. Uiters gawe diens en lekker kos. Onthou net dat die hotel se kroeg die enigste vermaak vir die dorpsmense is oor naweke. (Nogal erg lawaaierig, maar die kamers is darem aan die anderkant).

Jan S - Sep 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Jan S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie goeie ervaring.

Hartlike en vriendelike ontvangs, goeie diens en wonderlike ouwêreldse atmosfeer. Aandete en ontbyt voortreflik. Dankie vir 'n goeie ervaring.

Albertinia Hotel's terugvoer

Hi Jan,
Baie dankie dat julle by ons oorgebly het en baie bly om te hoor julle het julle verblyf hier by ons geniet. Ook baie dankie vir die mooi terugvoering.
Groete
Des & Nita,
Sebastian & Lume en ons span

Albertinia Hotel
Annamarie T - Sep 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Annamarie T
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustig en ontspannend.

Was 'n heerlike ondervinding, ons het van die oomblik wat ons ingestap het so tuis gevoel. Kos was heerlik. Personeel gaan uit hul pad vir hul gaste.

Albertinia Hotel's terugvoer

Hi Annamarie,
Baie dankie vir die terugvoering en bly julle het julle tydjie hier by ons geniet. Hoop julle maak gou weer so.
Groete,
Des& Nita + Sebastian & Lume en ons spannetjie.

Albertinia Hotel
Anna E - Aug 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Anna E
Saam met vriende

Lekker tuis gevoel met lekker kos. Ontspanne.

Albertinia was vir ons 'n maklike afstand vanaf Kaapstad om nog langs die pad te kuier. Het bietjie gesukkel om die hotel te kry! Moes besef het die hoofstraat het 'n agterstraat geword. Baie vriendelik en gulhartig ontvang en regtig lekker geslaap. Etes voortreflik.

Albertinia Hotel's terugvoer

Beste Anna,

Dankie dat julle by ons oornag het, ons is bly om te hoor julle het jul verblyf by ons geniet.

Hoop om julle weer in die nabye toekoms by ons te ontvang.

Groete,
Des en Nita Smith en al die personeel

Albertinia Hotel
Hannelie V - Mei 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Hannelie V
Gesin met klein kinders

Baie netjies en die eienaars baie vriendelik.

Baie vriendelik. Die Hotel is waarde vir geld. Die dekor is dated en sal opgedateer moet word. Alles is skoon en netjies.

Linda S - Des 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Linda S
Enkelreisiger

Plattelandse gasvryheid word waardeer!

Dankie Nita, daardie hoender met die sousie was heerlik! Lanklaas so 'n plaashoender gesien! Sal julle weer sien en seën vir 2018.

Albertinia Hotel's terugvoer

Hi Linda,
Baie dankie dat jy weer by ons oorgebly het die jaar.Ons sien jou weer volgende jaar en alle voorspoed vir die jaar wat voorle .
Groete,
Des & Nita

Albertinia Hotel
Melanie M - Des 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Melanie M
Gesin met tieners

Travel back in time.

A lovely surprise after a long journey. Comfortable rooms, ice cold beer and good home cooked meals.

Albertinia Hotel's terugvoer

Hi Melanie,
Thank you for staying with us and taking the time to submit a review.
We are glad you enjoyed your stay with us and wish you a blessed holiday season.
Greetings,
Des & Nita Smith

Albertinia Hotel
Pieter N - Mrt 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Pieter N
Besigheidsreis

Goeie waarde vir geld

Vriendelike diens, baie netjies en goed versorgde eenhede, baie goeie kos!

Albertinia Hotel's terugvoer

Hi Pieter,
Ons is bly jy het jou tyd hier by ons en in Albertinia omgewing geniet ,
Ons hoop om jou weer in die nabye toekoms by ons te verwelkom .
Albertinia Hotel Groete Des , Nita Smith & Personeel

Albertinia Hotel
Linda S - Jan 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Linda S
Enkelreisiger

Gasvryheid was puik en vriendeliker mense sal mens nie makliker kry nie.

Hulle was behulpsaam en het mens laat welkom voel. My motor was teen die pad parkeer, en dit is waarom ook veiligheid laer gemerk het. Dit was heerlike tuis-ver-van-huis belewenis, met gasvryheid en ek sal weer die hotel gebruik vir my oorslaap op pad na my vakansiebestemming! Dankie Nita en personeel.

Albertinia Hotel's terugvoer

Hi Linda
Dankie dat jy en jou vriendin by ons oornag het en ek is bly dat julle, julle verblyf by ons geniet het. Ons sien jou weer met die terugreis.
Ons het parkeerplek agter die hotel in 'n binnehof en daar is ook 'n paar motorhuise beskikbaar vir gaste wat nie in die straat wil parkeer nie.
Ek vra verskoning omdat niemand dit vir jou aanbeveel het nie,

Albertinia Hotel groete
Des, Nita en al die personeel

Albertinia Hotel
Abel V - Des 2016
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Abel V
Saam met vriende

Fantasties

Sal aanbveel. Rustig. Fantastiese ete.

Albertinia Hotel's terugvoer

Hi Abel,
So bly julle het julle verblyf by ons geniet.
Geseende Kersfees vir julle en 'n voorspoedige 2017
Groete
Des & Nita en al die Personeel

Albertinia Hotel
Marian S - Des 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Marian S
Saam met vriende

Besonderse vriendelike mense, maar die hotel is rêrig oud en moeg, hoewel baie skoon en netjies.

Die kamers was netjies en skoon, maar alles is 'n bietjie moeg. Mense is regtig baie vriendelik en gasvry en ons het lekker geëet beide die aand en die volgende oggend. Hierdie hotel kan so 'n wonderlike geleentheid wees vir mense wat nie die duur pryse van die kusdorpe kan betaal nie.

Albertinia Hotel's terugvoer

Hi Marian,
Baie dankie dat julle by ons oornag het en ons is bly julle het julle verblyf by ons geniet. Miskien moet 'n mens net onthou dat die hotel een van die eerste geboue in die dorp was en al sedert 1900 as 'n hotel bedryf word en ons probeer hard om die outydse atmosfeer en gasvryheid van vroeër te behou.
Albertinia Hotel groete
Des & Nita en Personeel

Albertinia Hotel
Marie-louise D - Sep 2016
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Marie-louise D

Rustig en gasvry!

So 'n unieke dorp en die eienaars is van die mees gasvrye mense ooit en diens was puik!

Albertinia Hotel's terugvoer

Hi Wiesie,
Baie dankie, ons is so bly julle het julle verblyf by ons geniet.
Hoop julle kry gou weer 'n geleentheid om by ons te kom kuier.
Albertinia Hotel Groete
Des & Nita en al die personeel

Albertinia Hotel
Cobus L - Jul 2016
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Cobus L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lekker "old school" met lekker kos!

Aangename ervaring, outydse bekoring wat behoue gebly het. Hulle kos is uitstekend!

Albertinia Hotel's terugvoer

Hi Cobus ,
Baie dankie .
Ons is bly julle het julle tydjie hier by ons geniet.
Hoop julle het die res van julle vakansie geniet en 'n veilige reis terug huistoe gehad.
Albertinia Hotel Groete
Des & Nita Smith en al die personeel

Albertinia Hotel
Vanaf R495
per nag (vir 1 persoon)
Vanaf R495
per nag (vir 1 persoon)
Vanaf R495
per nag (vir 1 persoon)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 61, Albertinia, 6695, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDI3ZjVlZjFiLTQ1NGMtNDgzMC1hODczLTA2MGEzODYxODY3MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R495  per nag (vir 1 persoon) 18 5 1 5 61 Main Road Albertinia 6695 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.203434957683 21.584779373016
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!