4 gaste
2 slaapkamers
3 beds
2 badkamers
- 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 09:00 - Beach Road, Albetros 904, Amanzimtoti, 4125, KwaZulu-Natal Sien kaart
Beskrywing
Albetros 904 is 'n pragtige selfsorgwoonstel op die negende verdieping in 'n veilige strandfront-kompleks in Amanzimtoti. Hierdie stylvolle woonstel is geskik vir 4 gaste.
Die woonstel het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat as 'n koninggrootte-bed opgemaak kan word. Die tweede slaapkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, wasmasjien, eetgerei en breekware toegerus. Daar is 'n etenstafel met genoeg sitplek waar gaste saam etes kan geniet.
Die sitarea het gemaklike banke en 'n slim-TV. Let dat daar geen DStv is nie, maar wel WiFi met Netflix. Die sitarea lei na 'n balkon met 'n pragtige uitsig oor die Indiese Oseaan.
Die kompleks bied veilige en gratis parkeerplek vir 1 voertuig en besoekersparkeerplek teen 'n ekstra koste. Daar is twee hysbakke vir gaste se gerief en goeie sekuriteit.
Geen harde musiek uitermatige geraas of partytjies word toegelaat nie. Rook is verbode in die woonstel. Geen troeteldiere word toegelaat nie.
Die woonstel is naby die Splash Water World, restaurante, vermaak en nog meer. Aktiwiteite in die area sluit voëlkyk, stap, fietsry, branderplankry en swem in. Die woonstel is 'n halfuur vanaf Ushaka Marine World en Durban sentraal.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Magda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 17
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Beach Road, Albetros 904, Amanzimtoti, 4125, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Albetros 904 het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Beach Road, Albetros 904, Amanzimtoti, 4125, KwaZulu-Natal
Sien kaart- 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 09:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang