Alm-U
-
Voorkeurvennoot
- Kapasiteit: 7 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Staanplek 297, Hoek van Lethabo-laan en Ngwenya-laan, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 750 per nag (vir 7 persone)
Beskrywing
Alm-U is geleë in die hartjie van Dullstroom, Mpumlanga, en is ideaal vir gesinne wat smag na 'n blaaskans, of paartjies wat bietjie kwaliteit-tyd saam wil deurbring.
Alm-U is slegs 450 m vanaf die woelige dorpsplein, waar jy verskeie goeie restaurante, winkels en galerye sal aantref.
Die huis het 3 slaapkamers, 2 verhitte badkamers en 2 kaggels waarvan 1 op die tweede verdieping in die hoofslaapkamer is. Die boonste en-suite badkamer is onlangs oorgedoen en bevat nou 'n ruim stort, asook 'n groot gemaklike bad. Daar is 'n klein sitkamer in die hoofslaapkamer waar 'n mens heerlik langs die kaggel kan ontspan. Die balkon met sy uitsig oor die Suikerbosch-koppie is perfek om die dag te begroet met 'n oggendkoffie, of om hom af te sluit met 'n skemerkelkie.
Die tweede kamer kan 3 mense akkommodeer op die stapelbed met 'n dubbelbed onder en 'n enkelbed bo. Die derde kamer het 'n dubbelbed.
Alle kamers het elektriese komberse en donsveerduvets en is toegerus met gehaltelinne, ekstra kussings en komberse, bad- en gesighanddoeke, hangers en haardroërs.
Die volledig toegeruste kombuis het 'n espresso/cappuccino-masjien, wasmasjien, skottelgoedwasser, en eetarea met ’n etenstafel vir 7 mense. Die onderdak braai-area met 'n ingeboude braai, het seile wat kan op- of afrol, na gelang van die weer. Daar is DStv in die sitkamer, en gratis WiFi in die hele huis.
Battery-aangedrewe kampligte en warmwaterflesse is beskikbaar om die donker en koue te verdryf indien die krag sou afgaan.
Slaapplek
’n Bespreking by Alm-U sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Opsomming van Resensie
Ligging
- Staanplek 297, Hoek van Lethabo-laan en Ngwenya-laan, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Gaste dink Alm-U het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Dullstroom Panoramaroete Mpumalanga
- Kapasiteit: 7 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Staanplek 297, Hoek van Lethabo-laan en Ngwenya-laan, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom