LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Alm-U | LekkeSlaap
+46

Alm-U

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 56 resensies vir Alm-U
Netheid
4.7/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.6/5
Piet D - Feb 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Piet D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Talle verbeteringe sedert ons laaste besoek.

Ons was aangenaam verras met al die verbeteringe vandat ons laas hier was. Ons is verwelkom met gebottelde water en selfs 'n sjokoladetjie en beskuitjie vir elkeen. Die splinternuwe kombuis met moderne teëls en ligte graniet is 'n groot aanwins. Die nuwe Delonghi-masjien, wat met die druk van 'n knoppie werk, het ons elke keer met die heerlikste cappuccino's bederf. Die roostuin is 'n groot verbetering op die vorige woestyntuintjie en nooi mens uit om sommer bietjie op die gras te ontspan. Die alarm wat in die aand vir die tuin geaktiveer kan word, bied ook ekstra gemoedsrus. Ons sien julle beslis weer.

Alm-U's terugvoer

Beste Piet, dis vir ons lekker om te weet dat al die verbeteringe raakgesien en waardeer word. Julle is enige tyd weer welkom.

Alm-U
Natasja A - Des 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Natasja A

Well located, lovely unit and well-equipped!

Great place, pity not enough time to enjoy the beautiful patio.

Alm-U's terugvoer

Dear Natasja, we're glad that you've enjoyed your stay, and would love to invite you for a longer stay to thoroughly enjoy the patio. Hope to see you soon.

Alm-U
Elma K - Nov 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elma K
Gesin met tieners

Ons het die rustigheid geniet.

Ons het weereens baie lekker gebly. Die huis is pragtig binne en mooi skoon. Die kombuis is nuut oorgedoen. Ons waardeer die sekuriteit buite. DStv is nou baie beperk.

Alm-U's terugvoer

Beste Elma,

Dis vir ons lekker as ou gesigte weer kom kuier, en nog lekkerder as hulle die verbeteringe raaksien en waardeer.

Hoop ons sien julle gou weer.

Groete
Anlie

Alm-U
Anna Maria V - Nov 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Anna Maria V
Gesin met tieners

Lieflike huis, modern binne, alle nodige geriewe. Stapafstand van al die oulike plekke in die dorp.

Baie dankie, ons het heerlik gebly in die huis. Heerlike badkamers , gerieflike kombuis en kaggels. Kan ek aanbeveel dat julle 'n extra lengte bed in hoofslaapkamer sit? Teenoor die soveel luukshede binnekant was die bed ongemaklik vir my lang man - daarom sal ek ongelukkig nie weer daar bespreek nie. En gee die opsie/keuse om 2 enkelbeddens in die slaapkamer te sit i.p.v. 'n dubbelbed - jong mans van 22 jaar slaap nie graag saam op 'n dubbel bed nie.

Adri B - Nov 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Adri B
Saam met vriende

Baie gerieflik, soos by die huis.

Pragtige, baie netjiese woning met moderne kombuis en badkamers. Goed toegerus met luukshede. Het die verwarmers in die badkamers en die koffiemasjien baie geniet. Regtig vir die mens wat hou van luuksheid wanneer jy bietjie wegbreek. Baie dankie vir die heerlike naweek wat ons kon geniet. Sal die plek regtig aanbeveel.

Alm-U's terugvoer

Beste Adri, ons is bly dat julle die tydjie by Alm-U geniet het.
Kom kuier asseblief gou weer.

Alm-U
Eric R - Nov 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Eric R

Heerlike ruim huis, volledig toegerus met al die geriewe van 'n warm kombers tot 'n koffiemasjien, kaggels en lekkerste toegemaakte kuierstoep, hoogs aan te beveel, sal beslis weer en weer gaan!

Alm-U was getrou aan sy naam en het die ideale geleentheid geskep vir ‘n wegkomkans uit die besige stad - huis is lekker ruim, volledig toegerus met heerlike ekstra geriewe soos verhitting in badkamers, koffiemasjien en toegeboude braai en kuierstoep. Groot en mooi hoofslaapkamer, met eie kuierplekkie en kaggel, uitkyk-stoepie. Loopafstand van dorpstraat en bedrywighede, skep steeds kans om deel te wees van die rustiger klein dorpslewe.

Alm-U's terugvoer

Beste Eric,

Baie dankie vir die vyfster-resensie. Ons is bly om te hoor dat julle Alm-U geniet het.

Ons hoop om julle spoedig weer te verwelkom.

Groete
Anlie

Alm-U
Herman B - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Herman B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lekker sentraal met onderdakbraai-area.

Netjiese huis. Ons het lekker gebly. Klein dingetjies wat nice was: goeie sout, peper, en braaisout beskikbaar in kombuis. Genoeg hout vir kaggels - ons het sommer ons vleisie met van die hout gebraai. 2 Koffie-plungers in kombuis. Dinge wat kan verbeter: Daar is 'n outomatiese cuppachino-masjien in die kombuis, maar hy werk nie (gee error).

Alm-U's terugvoer

Beste Herman
Ons is bly dat julle die huis en al sy ekstras geniet het. Die koffiemasjien is reeds vervang en die nuwe een werk klopdisselboom. Ons hoop julle kom kuier gou weer om dit op die proef te stel.

Alm-U
Emsie D - Sep 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Emsie D
Saam met vriende

Fantasties: Kombuis nuut oorgedoen.

Die naweek-verblyf was fantasties. Alm-U is naby die hoofstraat, maar ver genoeg om nie die hoofpad se geraas te hoor nie. As 3 ouer pare was dit lekker om elk ons eie kamer met 'n dubbelbed te hê. Beddens met goeie kwaliteit, kraakvars en skoon linne het heerlik geslaap. Die elektriese komberse was 'n bonus vir 'n koue naweek. Die huis is baie gerieflik ingerig en ons het gebruik gemaak van die toegemaakte stoep al was dit 'n koue, winderige naweek. Die kombuis is nuut oorgedoen en die graniettoonbanke en teëls is pragtig. Die wit kassie laat die vertrek ruim vertoon. Was gerieflik vir 3 vriendinne om saam kos te maak. Die skottelgoedwasser is 'n aanwins. Goeie aanwysings na die plek en hoe om die alarm the gebruik. Sal vir seker die plek aanbeveel en weer gebruik. Ons derde keer op Dullstroom en dié was beslis die beste blyplek.

Alm-U's terugvoer

Baie dankie vir die volpunte resensie en positiewe terugvoer. Ons is bly dat julle die opknappings geniet het en hoop dat dit sal bydra tot 'n sien-julle-beslis-weer ervaring.

Ons sien daarna uit om julle gou weer by Alm-U te verwelkom.

Alm-U
Jacqueline V - Aug 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jacqueline V
Saam met vriende

Defnitief die moeite werd!

Baie dankie aan Alm-U vir die wonderlike blyplek. Ons het baie gerieflik gebly. Ons as 'n jong groep vriende het dit vreeslik geniet, veral die netjiese en lekker kuierarea. Ons sal dit beslis aanbeveel vir almal. Die foto's doen Alm-U nie eers justice nie. Baie dankie aan Alm-U wat ons besoek aan Dullstroom soveel lekkerder en definitief die moeite werd gemaak het!

Alm-U's terugvoer

Beste Jacqueline,

Baie dankie vir jou terugvoer. Ons is so bly dat die 7 van julle 'n vyfster-ervaring gehad het en sien uit daarna om julle sommer gou weer by Alm-U te verwelkom.

Groete,
Alm-U

Alm-U
Sandra R - Jul 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Sandra R
Saam met vriende

Heerlik ontspan, alles was voorsien!

Baie rustige deel van Dullstroom. Veiligheid wat Alm-U aanbetref het ons baie veilig gevoel met binne en buite alarm stelsel. Alhoewel ons ons eie toiletware saam gevat het, het die wat voorsien is tog 'n goeie indruk gelaat. Die kombuisware was skoon en netjies alles op hulle plek en goed toegerus. Pluspunt vir Alm-U daar is genoeg speletjies voorsien vir vermaak. Enigste klagte is die mat in hoofslaapkamer, kort 'n diep skoonmaak.

Alm-U's terugvoer

Beste Sandra,

Dankie vir die positiewe terugvoer en goeie raad. Ons is bly om te sien dat julle lekker gebly het en die huis geniet het.

Ons sien uit daarna om julle terug te verwelkom.

Groete,
Alm-U

Alm-U
Duane R - Jul 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Duane R
Saam met eggenoot / lewensmaat

Fantastiese waarde vir geld!

Definitief aanbeveel! Als wat jy nodig het - mooi, netjies, toegerus, loop afstand van winkels, warm kaggels, luuks! Was ons tweede keer terug, en kom volgende jaar weer!

Alm-U's terugvoer

Beste Duane Ons sien daarna uit om julle weereens terug te verwelkom.

Alm-U
Antoinette V - Jun 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Antoinette V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Oulike plekkie.

Baie oulike plekkie. Ten volle toegerus om gemaklik vir langer as 'n naweek ook te bly. Die hoofslaapkamer is pragtig met sy eie kaggel, pragtige badkamer en stoepie. Plekkie is groot genoeg vir 'n groot gesin, mooi, ruim kamers op die onderste vloer en elektriese komberse op die bed vir die koue. Heerlike braai-area asook 'n kaggel onder in die sitkamer. Ek sal beslis die plek aanbeveel en weer soontoe gaan.

Alm-U's terugvoer

Beste Antoinette

Ons is so bly dat julle 'n vyfster-ervaring gehad het. Ons sien daarna uit om julle sommer gou weer by Alm-U te verwelkom.

Alm-U
Elmarie K - Jun 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elmarie K
Saam met vriende

Lekker huis. Net baie koud.

Lekker gebly, huis was net baie koud, maar dankie vir die hout. Kon lekker kaggel maak.

Alm-U's terugvoer

Beste Elmarie

Ons is bly dat julle lekker gekuier het en die kaggel kon geniet. Kom kuier asseblief gou weer.

Alm-U
Piet D - Mei 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Piet D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Puik! Ons kom beslis weer terug.

Hierdie is voorwaar die lekkerste huisie wat ons al in Dullstroom bespreek het. Ons gaan hom vir seker volgende keer weer bespreek.

Alm-U's terugvoer

Beste Piet

Ons is bly om te hoor dat julle lekker gekuier het. Ons sien daarna uit om julle gou weer by Alm-U te verwelkom.

Alm-U
Safety At Work S - Mei 2019
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Safety At Work S
Saam met vriende

Lekker ruim plek om te bly.

Goeie Ligging en lekker kuier-area.

Alm-U's terugvoer

Beste Safety at Work

Ons is bly julle het kom kuier. Ons hoop om julle gou weer te ontvang.

Alm-U
Stella G - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Stella G
Gesin met tieners

Ek het al die geriewe van my huis, en meer, op vakansie.

Ons kon heerlik ontspan danksy die skottelgoedmasjien, goed toegeruste kombuis en lieflike braai area. Ekstra komberse, speletjies en kamplampe was ook baie handig. Al die geriewe in die hele huis maak dit 'n plesier om in te bly. 1 Kritiek - hoofslaapkamer het steeds blywende rook in kamer. Kamer moet beter geventileer word na kaggel gebruik en gewone stofsuig op mat is nie voldoende nie. Ek vermoed sommige gloeilampe het gegroet.

Alm-U's terugvoer

Ons is so bly julle het tuis gevoel en gerieflik gebly. Dankie vir jou raad oor die hoofslaapkamer. Die gloeilampe is reeds vervang.
Ons hoop om julle gou weer by Alm-U te verwelkom.

Alm-U
Michael C - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Michael C

Stil, salig en romanties!

Hierdie pragtige huis bied 'n heerlike ontsnapping vanaf die beton-oerwoud! Die ruim, weelderige hoofslaapkamer met sy balkon is uiters romanties en by die kaggel in die woonkamer het ons heerlik gekuier, glas rooiwyn in die hand! Sal beslis weer by Alm-U weer 'n draai maak in die toekoms.

Alm-U's terugvoer

Beste Michael,
Ons is bly julle het 'n volpunte-ervaring gehad. Ons hoop om julle sommer gou weer by Alm-U te verwelkom.

Alm-U
Susan V - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Susan V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Fantasties.

Baie gemaklik, baie skoon en presies wat jy op die internet sien. Jy het niks nodig nie, so gemaklik en ten volle toegeruste kombuis. Baie dankie!

Dié resensie is vertaal,kliek hierom die oorspronklike weergawe te sien.

Fantasic.

Very comfortable, extremely clean and exactly what you see on the internet. You don't need anything, beds so comfortable and fully equipped kitchen. Thank you so much!

Jy lees die oorspronklike resensie,kliek hierom die vertaalde weergawe te sien.

Alm-U's terugvoer

Beste Susan,
Ons is bly julle het lekker gekuier. Ons hoop om julle gou weer by Alm-U te verwelkom.

Alm-U
Vera R - Feb 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Vera R
Saam met eggenoot / lewensmaat

Gerieflike en maklik bereikbare akkommodasie.

Alm-U is 'n gerieflike kuierhuis. Die diefwering is 'n goeie aanwins om die veiligheid van die huis te verbeter.

Alm-U's terugvoer

Baie dankie. Ons is bly julle het lekker gekuier.

Alm-U
Jana G - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jana G
Saam met eggenoot / lewensmaat

Beter as enige hotel.

Ons is baie lief vir Dullstroom en bly gewoonlik buite die dorp. Hierdie was ons eerste verblyf by Alm U maar beslis nie die laaste nie. Pragtige fasiliteite en baie goeie kommunikasie met Anlie en haar man. Die beddens is gemaklik en die nuwe badkamer pragtig! Jy sal nie 'n fout maak om hier te bespreek nie.

Alm-U's terugvoer

Beste Jana,
Ons sien uit na julle volgende kuier. Dankie dat julle Alm-U gekies het.

Alm-U
Adriaan S - Nov 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Adriaan S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Fantastiese ligging met meer as die nodige geriewe.

Die huis is loopafstand van die dorpie se hoofstraat af. Perfek ingerig vir die wisselvallige weer in Dullstroom met 2 kaggels en `n heerlike braai/kuier-area. Vriendelike aanwysings van Anlie ontvang. Baie goeie waarde vir geld.

Alm-U's terugvoer

Ons is bly julle het lekker gekuier, en hoop om julle gou weer by Alm-u te verwelkom.

Alm-U
Gert V - Nov 2018
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Gert V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lekker rustig en battery is herlaai.

Baie lekker gebly, als wat jy nodig sal kry is reeds in die huis, bring net jouself en jou persoonlike items. Ligging baie lekker nie te naby besige hoofstraat nie. Stort baie lekker, sal voorstel om vloer van stort van beton te maak en te teel met sit plek teen linkerkantste muur vir ouer persone. Meer hout kan verskaf word vir kaggels. Braai op stoep baie lekker, as die deksel bv. heeltemal boontoe kan oop maak of af gehaal word (sal verhoed dat hakkies op kettings oop buig) om uit pad te wees. Alarm, meer inligting gee vir gaste om buite alarms aan te sit en nog steeds vrylik in huis kan beweeg. Ons het baie lekker gebly, wil graag weer bespreek het vir Kersfees,maar ongelukkig reeds vol bespreek.

Alm-U's terugvoer

Baie dankie vir jou goeie raad. Ons beplan 'n paar verbeteringe en sal jou op hoogte hou. Ons is bly julle het lekker ontspan en sal julle graag weer ontvang.

Alm-U
Elmary L - Okt 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elmary L
Saam met vriende

Ons het heerlik ontspan en tuis gevoel. Dit voel sommer soos jou eie plekkie wanneer jy inloop.

Dit is 'n volledig toegeruste huis met regtig alles wat nodig is. Daar word selfs hout voorsien vir die kaggels/braai vir die eerste dag. Die huis is gerieflik geleë binne loopafstand van die dorp, baie lekker stil en rustig. Die stoep wat heeltemal kan toemaak met seile is 'n baie lekker kuierplek.

Alm-U's terugvoer

Ons is bly julle het lekker gekuier. Ons hoop om julle gou weer by Alm-U te verwelkom.

Alm-U
Colleen B - Jun 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Colleen B
Saam met vriende

Awesome house.

We have stayed here many times. Excellent value for money. Centrally located. House is very well equipped.

Gert D - Jun 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Gert D
Saam met vriende

We had a great time. Thank you.

Thank you for great service.

Estelle R - Jun 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Estelle R
Saam met vriende

Ongelooflik!

Was doodmoeg! Huis was so lekker cozy. Mooiste ou meubels. Heerlike kaggels. Hoop om 'n vriendin van UK in Desember te bring.

Alm-U's terugvoer

Baie dankie. Bly julle het heerlik gekuier.
X

Alm-U
Neels S - Apr 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Neels S
Gesin met tieners

Aangename, rustige naweek.

Perfekte huis, silwerskoon en baie netjies, ten volle toegerus met alles wat benodig word.

Alm-U's terugvoer

Baie dankie Neels. Bly jul het lekker gekuier. Hoop jul kuier gou weer by Alm-U.

Alm-U
Liaan K - Apr 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Liaan K
Saam met vriende

Lekker rustig.

Alm-U is baie gesellig. Ek kan nie sê dat daar enige probleme was nie. Alles is netjies en dit is 'n baie mooi verblyf.

Nastasha W - Mrt 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nastasha W
Gesin met klein kinders

Wonderlik.

Baie lekker en gesellig. Het dit vreeslik geniet.

Magriet D - Des 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Magriet D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie lekker gewees dankie!

Alm-u is baie lekker kuier huis. Dis in 'n rustige omgewing en jy kan regtig ontspan daar. Alles is naby as jy nie lus is om te ry nie. Huis is netjies en skoon en jy kan lekker op die stoep braai en kuier. Beveel die huis definitief aan.

Alm-U's terugvoer

Baie dankie vir jou mooi terugvoer, ons geniet ons huis net so baie. Bly om die rustigheid te kan deel.

Alm-U
Elma K - Des 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Elma K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit was baie lekker en ons het die uitstappie baie geniet.

Die huis lyk nie baie luuks van buite af nie, maar binne is absoluut die teenoorgestelde. Die huis binne is pragtig uitgelê, na ons smaak gemeubileer, gerieflik en baie skoon. Dis 'n pragtige plek. Ek kon kaalvoet binne die huis rondloop sonder om ongemaklik te voel. Die kussings in die hoofslaapkamer was bietjie van 'n uitdaging, maar ons het dit geruil met kussings in een van die ander kamers. Dis jammer dat daar nie toesluitparkering vir 'n motor is nie.

Alm-U's terugvoer

Dankie vir jou terugvoer. Ons geniet weer ons huis se ou Dullstroom "look" en charm en wil nie graag die buitekant en ou plaas heining en hek vervang nie. Bly jul het die huis binne positief en gerieflik gevind.

Alm-U
Moné S - Okt 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Moné S
Enkelreisiger

Pragtige huis met 'n rustige atmosfeer.

Netjies, skoon, toegerus met alles wat ek nodig gehad het en perfek vir 'n naweek-wegbreek. Eienaars is vriendelik en behulpsaam.

Alm-U's terugvoer

Baie dankie Moné. Dit is lekker om te hoor dat julle lekker, gerieflik en rustig gebly het. Julle is welkom.

Alm-U
Louis B - Sep 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Louis B

Rustig en veilig.

Baie lekker. Genoeg om te doen. Heerlike kuier en eetplekke. Mooi dorp en vriendelike mense.

Jill I - Sep 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Jill I
Saam met vriende

Knus en gerieflik.

Die huis is baie ruim en gerieflik. Naby genoeg aan die dorp sonder dat mens die verkeer hoor. Great kuier-area buite. Die eienaar was baie akkommoderend met al ons versoeke. Dit was lekker om die kaggels te gebruik want dit was 'n baie koue naweek. My enigste voorstel is dat die heining op 'n stadium vervang moet word, dit is gebuig en geroes. Ons het baie lekker gebly, dankie!

Dié resensie is vertaal,kliek hierom die oorspronklike weergawe te sien.

Cosy and comfortable.

Very spacious and comfortable house. Close enough to town without hearing traffic noise.Outside entertainment area was great. The owner was very accommodating with our various requests. We also enjoyed using the fireplaces in the house on that very chilly weekend. My only suggestion is that the garden fence be replaced at some stage as it is drooping and rusty. We enjoyed our stay, thank you!

Jy lees die oorspronklike resensie,kliek hierom die vertaalde weergawe te sien.

Alm-U's terugvoer

Thank you glad you are safe back home. Thank you for the nice review.
This is our home away from home and we stay there as often as we can. We are still deciding if we should replace the old fence and farm gate as we love the feel of it.
We understand it's not everybody's taste.

Alm-U
Wiehan B - Aug 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Wiehan B
Saam met vriende

Dit was fantasties.

Alm-U is 'n baie goeie verblyf opsie in Dullstroom. Ons was 'n groep van 6 mense wat vir die naweek by Alm-U gebly het. Kaggels regdeur die huis het gehelp om die koue uit te hou. Die stoep wat toegemaak kan word met seile is 'n baie gesellige kuierplek.

Alm-U's terugvoer

Baie dankie vir die goeie terugvoering. Dit is lekker om te weet julle het dit geniet.

Alm-U
Charmaine R - Aug 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Charmaine R
Enkelreisiger

Lovely stay in neat, clean accommodation and close to amenities in town.

Good location in Dullstroom, ideal for families.

Alm-U's terugvoer

Thank you. Glad you had a great time. You are welcome any time.
X

Alm-U
Jozet M - Jul 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Jozet M
Saam met vriende

Lekker gebly, die huis voldoen aan die basiese behoeftes.

Warm beddegoed is 'n essensiële noodsaaklikheid vir hierdie huis. Somerlakens en kussingslope doen nie die ding in die middel van die winter in die tweede koudste dorp in die land nie! Verder het ons baie lekker gekuier. Die stoep is 'n wenner.

Alm-U's terugvoer

Dankie vir jul terugvoer. Ons sal dit in ag neem.

Alm-U
Esther V - Jul 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Esther V
Saam met vriende

Baie gerieflik.

Ons het al vantevore by Alm U gebly en hou baie van die huis en het lekker gebly. Sal baie graag weer daar wil oornag. Hierdie keer was dit baie, baie koud en die leiklip in die huis maak dit baie moeilik om op te warm. Verwarmers sou baie gehelp het. Die geyser het ook gesukkel en die derde persoon se water was koud. Klein dingetjies in die huis kort aandag.

Alm-U's terugvoer

Verwarmers is n veiligheids risiko aangesien gaste in die verlede nie die verwarmers afsit nie. Jammer julle het so koud gekry. Ons waarsku almal oor die koue en almal is welkom om hulle eie warmkomberse saam te neem. Dullstroom is vreeslik koud in die winter.

Alm-U
Anita S - Jan 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anita S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie gerieflik en rustig.

My dogter het van haar goed in die kas vergeet toe ons daar ry. Ek het die eienaar geskakel en sy het dit persoonlik vir my in Nelspruit kom aflewer.

Alm-U's terugvoer

Dit is 'n groot plesier. Julle is baie welkom.

Alm-U
Landi A - Nov 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
5/5
Landi A
Saam met eggenoot / lewensmaat

Uitstekend.

Huis was netjies en skoon. Het die naweek baie geniet en lekker gerus. Ons sal definitief weer in Alm-U gaan bly.

Alm-U's terugvoer

Ek hoop ons sien jul gou weer.

Alm-U
Adel C - Okt 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Adel C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Goed toegerus en baie netjies.

Die huis is goed toegerus en in 'n goeie kondisie. Die kaggels skep 'n lekker atmosfeer vir die koue.aande.

Alm-U's terugvoer

Dankie Adel. Ek hoop ons sien julle gou weer.

Alm-U
Lezette V - Sep 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lezette V
Saam met vriende

Baie lekker bederf gevoel.

Die huis is pragtig met alles wat nodig is.

Alm-U's terugvoer

Baie dankie. Ek hoop ons sien jul weer.

Alm-U
Ronel R - Sep 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ronel R
Gesin met tieners

Oulik

Baie gerieflik geleë, met 'n ruim hoofslaapkamer. Lekker kuierarea met braai.

Alm-U's terugvoer

Baie dankie Ronel. Ek waardeer jou terugvoering. Ek hoop ons sien jou weer in Alm-U.

Alm-U
Esther V - Aug 2016
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Esther V
Saam met vriende

Knus.

Baie lekker. Sal graag weer daar bly.

Alm-U's terugvoer

Baie dankie vir jou terugvoering. Dis lekker om te weet julle het jul tyd geniet. Ek hoop jul gaan kuier gou weer by Alm-U.
Matilda en Adriaan Bester

Alm-U
Sonja M - Jul 2016
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Sonja M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Waarde vir geld.

Die gastehuis is baie goed toegerus.

Alm-U's terugvoer

Baie dankie vir die terugvoering, ons waardeer dit. Ek hoop julle gaan kuier gou weer by Alm-U.
Matilda en Adriaan

Alm-U
Renscha H - Mei 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Renscha H
Saam met vriende

Rus en vrede is te vinde by Alm-U!

Dis 'n pragtige huis met als wat jy nodig het, netjies en skoon! Dis perfek vir 'n wegbreek saam met vriende of 'n gesin! Ons sal vir seker weer kom kuier, dit was heerlik gewees!

Alm-U's terugvoer

Baie dankie Renscha. Dis lekker om te hoor julle het dit geniet.
Dankie vir die terugvoer. Julle is baie welkom.
Matilda en Adriaan

Alm-U
Duane R - Mrt 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Duane R
Gesin met klein kinders

Absolute waarde vir geld ten opsigte van fasiliteite, netheid en ligging!

Een van die min plekke waar ons regtig niks negatief beleef het nie - van kliëntediens tot fasiliteite. Sal hulle beslis aanbeveel vir 'n privaat en rustige wegbreek as 'n paartjie, gesin of vriende.

Alm-U's terugvoer

Hi Duane,

Dankie vir die positiewe terugvoer. Hoop jul kom herlaai julle batterye gou weer.




Alm-U
Rene E - Feb 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Rene E
Saam met vriende

Besonder lekker. Sal dit sterk aanbeveel.

Dit was 'n baie lekker en rustige huis om in te bly. Goed geleë en baie netjies. Kan dit enige tyd aanbeveel.

Alm-U's terugvoer

Dankie Rene. Bly julle het lekker gekuier. Hoop ons sien julle gou weer.

X
Matilda

Alm-U
Shane S - Nov 2015
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
5/5
Shane S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Very nice cozy little house. Perfect for a weekend away out of the city.

The house is so neat and cozy with 2 fireplaces. Beds are in good condition and everything you need is in the house.

Alm-U's terugvoer

Glad you had a nice and comfortable stay. Hope you visit Alm-U soon again. Thanks.

Alm-U
Dirk C - Okt 2015
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Dirk C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Gerieflik en toeganklik met die nodige geriewe en toerusting om in die somer lekker oor te bly.

Die diens van LekkeSlaap was weereens uitstekend. Die reëlings, dokumentasie, sleutels ens. was goed voorsien. Die verblyf is heerlik en vir 'n naweek of selfs langer. As 'n halfwegstop na die Wildtuin sal dit ook gerieflik wees. Kontak en reaksie van Matilda (eienaar) was maklik en waardevol, selfs om die klein dingetjies wat aandag moet kry, aan te meld. Ons het dit waardeer. Ek sal weer van die geriewe en Dullstroom gebruik maak.

Alm-U's terugvoer

Dankie vir die terugvoering Dirk.
Ons is bly julle het lekker gekuier en gerus.
Sien julle hopelik gou weer.

Matilda en Adriaan Bester.

Alm-U
Esti V - Sep 2015
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Esti V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit was soos 'n droom, ons huisie omring met mis!

Koop ekstra hout as die weer mislik is! Baie mooi netjiese huisie, goed ingerigte kombuis.

Alm-U's terugvoer

Hi Esti,
Baie dankie julle. Hoop jul gaan kuier gou weer by Alm-U.

Alm-U
Nicole O - Aug 2015
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nicole O
Saam met vriende

A lovely quaint house located in the heart of Dullstroom.

A lovely house located in the heart of Dullstroom. The bedroom upstairs is beautiful, with it's own lounge area, fireplace, and stoep - very romantic. A great self-catering option for those wanting to explore the beautiful Dullstroom.

Alm-U's terugvoer

Baie dankie Nicole. Bly julle het lekker gebly. Hoop jul kom bly sommer gou weer in Alm-U.
Matilda en Adriaan

Alm-U
Petronel F - Aug 2015
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Petronel F
Saam met eggenoot / lewensmaat

Goeie ervaring!

Die Alm-U huis is werklik baie goed toegerus en die twee kaggels in die huis is lieflik. Ook stapafstand van Dullstroom se hoofstraat. Ons het heerlik gebly.

Alm-U's terugvoer

Hi Petronel,
Lekker om te hoor julle het jul verblyf geniet. Hoop jul kom kuier gou weer in Alm-U.

Alm-U
Brenda V - Aug 2015
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Brenda V

Warm en knus.

Lekker huis veral in die winter a.g.v. die kaggels. Goeie beddegoed en toerusting. Die ligging is naby genoeg aan winkels om te stap. Braai en kuiergeriewe buite is net nie voldoende vir 'n gesinskuier - vat jou Weber en eie kampstoele. Ons sal dit weer gebruik.

Alm-U's terugvoer

Goeie dag Brenda,
Ons is bly jul het Dullstroom geniet. Hoop ons sien jul gou weer.
Ons huis is nog in proses. Ons wag net vir 'n stiller tyd dan bou ons 'n braai-kamer voor op die stoep, maar dankie ons waardeer jou terugvoer.
Adriaan en Matilda

Alm-U
Enna A - Jun 2015
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Enna A
Saam met eggenoot / lewensmaat

Wegbreek-kans!

Alm-U is lekker sentraal geleë en is stapafstand vanaf die dorpie en al die lekker winkels. Die huis is net ongelooflik koud en die kaggel het nie regtig dit warm genoeg gemaak nie. Ek weet elektrisiteit moet bespaar word maar elektriese komberse op die beddens sou hemels gewees het. Dullstroom word lekker koud!

Alm-U's terugvoer

Goeie dag Enna,

Baie dankie vir jou terugvoer. Ons het al die moontlikheid van elektriese komberse op die beddens bespreek, maar dit hou vir ons 'n groot risiko in, in terme van krag besparing asook brandgevaar. Dit is 'n selfsorghuis wat beteken dit word nie daagliks deur skoonmakers skoongemaak nie, dus is daar niemand wat kan toesien dat die komberse afgeskakel is as gaste die huis verlaat nie. Ons wil ook nie gaste blootstel aan die verantwoordelikheid om komberse af te sit nie, sou hulle die huis verlaat. Ons verstaan wel dat Dullstroom baie koud is gedurende die winter.

Alm-U
Rudu D - Apr 2015
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Rudu D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Die akkomodasie was uitstekend en die diens puik.

Dit was voorwaar 'n goeie ervaring om deur LekkeSlaap Alm-U te bespreek. Die prys is billik vir die tipe geriewe, wat goed geleë was. Ek beveel Alm-U ten sterktste aan en sal weer daar tuisgaan in die toekoms.

Vanaf R2 750
per nag (vir 7 persone)
Vanaf R2 750
per nag (vir 7 persone)
Vanaf R2 750
per nag (vir 7 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Staanplek 297, Hoek van Lethabo-laan en Ngwenya-laan, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGYyZTAwYTI5LWJhNDUtNGFlYi05ZDQzLWE5MzJkNmEzM2I0ZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 750  per nag (vir 7 persone) 56 5 1 5 Stand 297 Corner of Lethabo Avenue and Ingwenya Avenue 1110 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -25.414746582351 30.104777365923
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!