Amberley Mountain Reserve
- Kapasiteit: 12 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Holingsberg-weg, Amberley Bergreservaat, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R6 000 per nag (plek vir 12)
Beskrywing
Amberley Mountain Reserve is in die privaat Amberley Bergreservaat van 900 ha naby Dullstroom geleë. Die lodge spog met uitstekende uitsigte oor 'n vallei met 4 foreldamme en 'n rits kleinwildspesies soos swartwildebeeste, sebras en springbokke.
Die dubbelverdieping lodge het slaapplek vir maksimum 12 gaste, insluitend kinders van alle ouderdomme. Verblyf word in 6 slaapkamers aangebied. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die derde en vierde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens en deel 'n badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Op die boonste verdieping is daar 'n hoofslaapkamer met 'n koninggrootte-bed en 'n tweede slaapkamer met 2 enkelbeddens. Dié 2 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Daar is ook 'n opwasarea.
Die ruim leef- en kuierarea het 'n oop kaggel, pasgemaakte kroeg en 'n groot eetarea. Die eetarea lei na 'n groot onderdakstoep met 'n braai, buite-tafel, swembad en 'n uitstekende uitsig. Die TV-sitkamer het DStv en 'n kaggel. Die sitkamer is apart en word via die kombuis bereik.
Die lodge word deur 'n skoonmaakdiens skoongemaak. Gaste kan enige tyd in die swembad afkoel.
Die Amberley-foreldamme is lekker vol en slegs gaste mag gedurende hulle verblyf hiér hengel.
Slaapplek
’n Bespreking by Amberley Mountain Reserve sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Elektriese kombers
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Debbie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 12
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Holingsberg-weg, Amberley Bergreservaat, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Gaste dink Amberley Mountain Reserve het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Highlands Meander Mpumalanga
- Kapasiteit: 12 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Holingsberg-weg, Amberley Bergreservaat, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom