Appollo Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Appollo Guest House bied gerieflike verblyf vir alle sakereisigers en vakansiegangers en is in 'n stil area naby die winkel- en sakesentrum geleë. Hierdie familie-besigheid nooi jou om die huislike atmosfeer, gerieflike kamers en fantastiese maaltye te kom geniet.

Die verblyf bestaan uit 3 losstaande eenhede wat naby mekaar en die swembad binne die hoofkompleks geleë is. Dan is daar 23 dubbel- en enkelkamers met en suite-badkamers. Al die kamers het 'n TV met DStv. Ontbyt, middagete en aandete is beskikbaar teen 'n ekstra koste wat direk aan die gastehuis betaal moet word wanneer gaste inklok. Middagete en aandete kos R110 per persoon en ontbyt kos R60 per persoon. Gaste kan ontspan in die groot tuin of in die sprankelende swembad swem. Veilige parkeerplek word vir gaste voorsien.

Daar is ook 2 groot konferensiekamers van ten volle toegerus is met al die nodige geriewe. Spysenieringsdienste is beskikbaar vir troues en ander vieringe vir tot 120 mense. 'n Verskeidenheid spyskaarte is beskikbaar teen bekostigbare tariewe. Die gastehuis is naby verskeie wildreservate en historiese plekke geleë. Die bekende Leopard Park Gholfbaan is ook naby geleë.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Appollo Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za