Apricot Gardens Boutique Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Apricot Gardens Boutique Guesthouse skuil aan die kant van die berg by Gordonsbaai met panoramiese uitsigte oor die hele Valsbaai tot by Tafelberg en die Helderberge.

Gaste kan kies tussen 4 luukse kamers, 'n junior-suite, 2 luukse suites en 'n asemrowende selfsorg-suite. Ekstra geriewe in die kamers sluit ondervloerse verhitting, 'n yskassie, WiFi en DStv in, en daar is privaat ingange, patio's en uitsigte oor die see en die tuin vir gaste kom te geniet. Gaste kan ook in die son op die swembaddekke ontspan.

Ontbyt word met die allerbeste bestanddele voorberei en in die eetkamer met uitsigte oor die baai bedien. Aandete is beskikbaar op versoek en word ook met gehaltebestanddele en flair deur Alex, die chef op die perseel, voorberei. Die kelder is goed voorsien van uitgesoekte wyne van die wynplase in die omgewing.

Apricot Gardens Boutique Guesthouse is in die hartjie van die Kaap, 30 minute se ry van Kaapstad Internasionale Lughawe en Stellenbosch en 1 uur se ry van Hermanus af op pad na die Tuinroete.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Wynkelder
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Frans
  •  Duits
  •  Italiaans
  •  Spaans
  •  Switsers

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Apricot Gardens Boutique Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 900 per nag (plek vir 3)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za