LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Apricot Hill Farm | LekkeSlaap
+20

Apricot Hill Farm

  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Apricot Hill-plaas, Honingklip, Muldersdrift, 1747, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R790 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Apricot Hill Farm is op 'n heuwel tussen olifantsore en soetdoringbome geleë en het 'n ongelooflike uitsig oor die Wieg van die Mensdom en Swartkop in Muldersdrift. Apricot Hill bied privaat sakpas-plaasverblyf in kothuise, ongekunstelde selfsorgkamers en snoesige plaashuiskamers met hul eie privaat tuiningange.

Verblyf is beskikbaar in 3 kothuise, 2 croft-kamers en 3 plaashuiskamers. Die eenslaapkamer-, tweeslaapkamer- en oopplan-kothuise het kombuisies en braaigeriewe buite. Onthou asseblief om jou eie hout, houtskool en vuuraanstekers te bring. Die gesellige selfsorgkamers is perfek vir trougaste wat troues in Muldersdrift bywoon, of as addisionele slaapkamers vir groter groepe. Dié kamers het basiese kombuisies en braaigeriewe. Die Olde Worlde-plaashuis se kamers is ideaal vir gaste wat net oornag of konferensiegangers wat geleenthede by een van die talle uitstekende venues in die omgewing bywoon. Van die eenhede het baddens, sommige het storte, en bied 'n keuse tussen 'n koninggrootte-bed, dubbelbed of 2 enkelbeddens. Tee-en koffiemaakgeriewe is beskikbaar in die kamers.

'n Kontinentale ontbytmandjie kan in die kamer geplaas word voor aankoms en teen 'n ekstra koste. Die perseel is troeteldiervriendelik vir klein hondjies aangesien van die kothuise se tuine omhein of ommuur is. Daar is 21 hektaar waarop die honde kan speel.

Die plaas is die ideale plek vir 'n rustige naweekwegbreek, ongeveer 'n uur van beide Johannesburg en Pretoria en met die Lanseria-lughawe minder as 30 km weg.

Kenmerke

Troeteldiere indien gereël
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Opsomming van Resensie

3.6 uit 5van 12 resensies vir Apricot Hill Farm
Netheid
3.7/5
Diens
3.8/5
Ligging
3.5/5
Veiligheid
3.8/5
Waarde vir geld
3.3/5

Ligging

  • Apricot Hill-plaas, Honingklip, Muldersdrift, 1747, Gauteng
  • Gaste dink Apricot Hill Farm het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Wes-Rand Gauteng
Vanaf R790
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R790
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Apricot Hill-plaas, Honingklip, Muldersdrift, 1747, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDRjOGY3ODEwLTJkMGMtNGZiYS04M2I0LWEwMjRjZDNlYTlhOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R790  per nag (vir 2 persone) 12 5 1 4 Apricot Hill Farm Honingklip 1747 Gauteng 086 999 0018 12:00-18:00 10:00 -26.025095211302 27.800761461185
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!