Parys Akkommodasie by ArtNebula Guest House | LekkeSlaap
+26

ArtNebula Guest House

2 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2de Laan 2B, Parys, 9585, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R620 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

ArtNebula Guest House is in Parys oorkant die bekende Afridome Skougronde geleë. Dit kan as 'n geheel bespreek word, of die 3 kamers kan apart bespreek word.

Die Koninginkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die Dubbelkamer het 'n dubbelbed en deel 'n badkamer met die gesinskamer. Die derde kamer, wat 'n klein gesinskamer is, het 'n dubbelbed en daar is plek vir 'n ekstra enkelmatras. Elke kamer het WiFi en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die eetarea het 'n groot eetkamertfael met sitplek vir 8 en 'n kanttafel. Die leefarea het 4 rusbanke, 'n kaggel, 'n TV met DStv-kanale en ekstra HDMI-koppelpunte as julle 'n fliek wil kyk. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en het 'n groot yskas-vrieskas, gasstoof, oond en 'n mikrogolf. 'n Wasmasjien, strykyster en haardroër is ook beskikbaar.

Meer avontuurlustige gaste kan in 'n tent in die tuin slaap. Daar is 'n groot tuin met 'n klein braai-area agter die huis. 'n geplaveide oprit bied parkeerplek op die perseel vir nie meer as 6 voertuie, 'n sleepwa of 'n perdewaentjie.

Parys het 'n legio besienswaardighede en doendinge van voetslaan tot 4x4-roetes, voëlkyk, kunsvlieghengel en witwater- en riviervlotvaart.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 2 resensies vir ArtNebula Guest House
Netheid
4.5/5
Diens
4.5/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • 2de Laan 2B, Parys, 9585, Vrystaat
  • Gaste dink ArtNebula Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R620
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R620
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2de Laan 2B, Parys, 9585, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAgh2AOoCYLZnj7PHs8f0XJ3BC2o7JGtmgdKHriajPUfKC2KdQZr?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R620  per nag (vir 2 persone) 2 5 1 5 2B 2nd Avenue Parys 9585 Vrystaat 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -26.921648 27.449266
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za