Kareedouw Akkommodasie by Assegaaibosch Country Lodge | LekkeSlaap
+29
+29

Assegaaibosch Country Lodge

Lodge
  • Vanaf R1 230 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 42 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Roete 62, Langkloof, Kareedouw, 6400, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Assegaaibosch Country Lodge bied 'n ongelooflike pakket vir enige natuur- of gesinsvakansie, romantiese wegbreek, sakegeleentheid, troue of funksie. Tussen die welige Tsitsikamme-woude en die uitgestrekte blou Kouga-bergreeks, staan hierdie lodge, 'n skamele 75 minute se rit van Port Elizabeth af, en 'n uur weg van Plettenbergbaai op die skilderagtige R62-snelweg.

Die lodge is ook naby die suidelike poort van die Baviaanskloof Mega Reservaat, 'n erfenisgebied wat weens sy ryk biodiversiteit van ontsagtelike waarde is. Dit maak die lodge 'n ideale basis vanwaar begeleide toere, avontuur-aktwiteite en selfrit-verkenningstogte van die area kan plaasvind.

Die kamers is smaakvol gemeubileer met keurige items en bykomstighede wat met die hand gekies is vir uiterste gemak. Die lodge het 13 kamers wat rondom 'n swembad met 'n houtdek-area gebou is. Die hoofhuis het 6 addisionele kamers wat apart of as 'n geheel gehuur kan word. Kraakvars wit katoenlinne komplimenteer die natuurlike kleure wat elke kamer verwelkomend en stylvol laat voel. Die matrasse is van hoogstaande gehalte om 'n goeie nagrus te verseker.

Die badkamers is toegerus met unieke en gemaklike stortrakkies en luukse toiletbenodighede. Alhoewel elke kamer 'n TV-stel het, sal gaste die lieflike uitsig van die privaat balkon af aanloklik vind. Sommige kamers kyk uit oor die helderkleurige wilde blomme in die tuin, terwyl ander op die swembad en dek (met die berge in die verte) oopmaak.

Spesiale vaste spyskaarte word weekliks opgestel. Ons gebruik net die varsste produkte wat beskikbaar is. Die eetkamers wat gebruik word, hang af van die weer, besprekings en beplande vaste spyskaarte vir die week.

Gaste is welkom om die geriewe op die perseel te gebruik insluitend die tafeltennis en pooltafels, swembad en tennisbaan.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Internet
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 14 resensies vir Assegaaibosch Country Lodge
Netheid
4.6/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Roete 62, Langkloof, Kareedouw, 6400, Oos-Kaap
  • Gaste dink Assegaaibosch Country Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 230
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 230
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 230
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 42 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Roete 62, Langkloof, Kareedouw, 6400, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAXYjcl5q7T6McH2FxrnvgQBwUoJJFzJKY16UWMTWqaYtyDmHozL?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 230  per nag (vir 2 persone) 14 5 1 5 Route 62 Langkloof 6400 Oos-Kaap 086 999 0018 13:00-21:00 10:00 -33.945700755015 24.314074516296
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za